Die basterkokerboom (Aloidendron pillansii), voorheen Aloe pillansii, is 'n plant wat deel is van die Aloidendron genus. Die plant kom voor in die Noord-Kaap en Namibië, meer spesifiek die Richtersveld.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77125492-1 Die plant is geklassifiseer as 'n bedreigde boom en sy FSA-nommer is 30.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Die boom is 'n sukkulent en word tot 10 m hoog. Kenmerkend vurk die stam en takke gereeld in twee ewe groot gedeeltes. Die stam kan tot 2 m in omtrek word by die basis en 0,2 m aan die bokant. Die stam is bedek met 'n wit poeieragtige stof, wat veral merkbaar is as die boom nog jonk is. Die ouer bome se stam is bottelvormig aan die onderkant. Die stam is gelerig tot bruinerig goud van kleur en dop gereeld af.

Die blare is gerangskik in 'n rosette en is grysgroen tot bruingroen.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne PZA SANBI REDLIST SANBI van Wyk, Piet: Basterkokerboom aard net in RIchtersveld-omgewing. In: Custos, Deel 16, nr. 12, Maart 1988. ISSN 0379-9921

Kategorie:Aloidendron Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika