Johannes V was die 82ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Johannes V is van Siriese afkoms, die seun van Cyriacus, moontlik gebore in Antiogië, die eerste van 'n reeks van nege opeenvolgende pouse (behalwe Pous Gregorius II) wat uit die Ooste (Griekeland of Sirië) afkomstig is. Op 23 Julie 685 volg hy Pous Benedictus II op en regeer tot sy dood op 2 Augustus 686. Hy word opgevolg deur Pous Konon. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat Vanweë sy kennis van Grieks was hy voor sy verkiesing aangestel as die pouslike afgevaardigde na die sesde Ekumeniese konsilie van Konstantinopel. Die pous het goeie betrekkinge gehad met die nuwe keiser Justinianus II en het verskeie gunste van hom vir die Roomse Kerk verkry. Hy het ook daarin geslaag om die biskoppe van Sardinië aan die pous ondergeskik te maak. Pous Johannes V was vir die grootste gedeelte van sy pontifikaat bedlêend.
Bibliografie Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. .
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 635 Johannes V Kategorie:Sterftes in 686