Suurgras (Schmidtia kalahariensis) is 'n grasspesie wat inheems aan Suid-Afrika, Namibië, Angola, Tsjad, Soedan en Botswana is.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:421050-1

Suurgras verkies sandveld en is die enigste gras wat 'n suur afskei. Dit is die Kalahari se voorste opslaggras. Dit is 'n geharde eenjarige gras wat slegs in jare van baie goeie reënval neig om byna tweejarig te raak. In goeie reënjare groei dit tot 'n hoogte van byna 1m.http://redlist.sanbi.org/species.php?species=1369-2

Fotogalery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Grasse kalahariensis Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tsjad