Die Slag van Szentgotthárd (ook bekend as die Slag van Mogersdorf) het op 1 Augustus 1664 tydens die Oostenryk-Turkse oorlog (1663-1664) plaasgevind tussen die leër van die Italianer Raimondo Montecuccoli en dié van grootvizier Ahmed Köprülü. Die Ottomaanse Ryk se leër het 'n militêre nederlaag gelei, die daaropvolgende vredesooreenkoms was egter sterk in sy guns gewees.
Montecuccoli het ongeveer 25-30 000 soldate bymekaargebring en die Ottomaanse leër was ongeveer 130 000 sterk (60 000 yenitsare en sipahi, 70 000 azap, akinci en tataarse, 360 kanonne).
Montecuccoli se leër van:
Oostenrykse: 10 900 soldate (5000 infanterie, 5900 kavalerie, 10 kanonne), Bevelvoerder Raimondo Montecuccoli Duitse: 7400 soldate (6200 infanterie, 1200 kavalerie, 14 kanonne) Bevelvoerder Prins Leopold Leopold van Baden en Prins Georg Friedrich van Waldeck Ryn Unie: 900 soldate (600 infanterie, 300 kavalerie) Bevelvoerder Wolfgang Julius van Hohenlohe Franse: 5250 soldate (3500 infanterie, 1750 kavalerie), Bevelvoerder Jean de Coligny-Saligny Ander: 2000 Kroatiese kavalerie, Hongaarse kavalerie en infanterie, Tsjeggiese musketiers, Italiaanse regiment, Bevelvoerder Bernát Csányi, Kušanić en Marchese Pio de Savoya.
Ander Slag van Szentgotthárd (1705)
Kategorie:Geskiedenis van Duitsland Kategorie:Geskiedenis van Frankryk Kategorie:Geskiedenis van Hongarye Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Ottomaanse Ryk Szentgotthárd