thumb|240px|Die Nasionale en Universiteitsbiblioteek in Zagreb. Die Nasionale en Universiteitsbiblioteek in Zagreb (Kroaties: Nacionalna i sveučilišna knjižnica u Zagrebu; NSK) is die nasionale biblioteek van Kroasië en die sentrale biblioteek van die Universiteit van Zagreb.
Die biblioteek is in 1607 gestig. Sy hoofdoel is die ontwikkeling en bewaring van Kroasië se nasionale geskrewe erfenis. Dit bevat sowat 3 miljoen items.
Van die dienste wat aangebied word, is uitlenings- en verwysingsdienste, lenings tussen biblioteke, ’n nasionale bibliografiese databasis, IT-dienste, mikroverfilming, digitalisering en leerprogramme.
Verwysings
Kategorie:Biblioteke