Die Witsteelslangkoppie (Spatalla curvifolia) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Spatalla behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit vanaf Kogelberg tot Bredasdorp voorkom.
Die struik is plat, gerond, word slegs 80 cm hoog en blom regdeur die jaar. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die plant is tweeslagtig en bestuiwing vind deur die werking van insekte plaas. Twee maande nadat die plant geblom het, val die ryp sade op die grond waar dit deur miere versprei word. Die plant groei in 'n sanderige grond op hoogtes van 0 - 350 m. In Engels staan die struik as die White-stalked spoon bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys REDLIST Sanbi Biodiversityexplorer Protea Atlas 1 Protea Atlas 1 Plants of the World Online
Kategorie:Spatalla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika