Mejuffrou Groot Internasionaal (Engels: Miss Grand International), gewoonlik as MGI geskryf, is die titel van die wenner van 'n internasionale skoonheidskompetisie vir ongetroude dames, Dit is die eerste keer in 2013 in Thailand gehou. Die funksie van die Mej. Groot Internasionaal-wenner is om die leuse van die kompetisie, "Stop die oorloë en geweld", uit te leef deur bewustheid te skep.
Die eerste Mej. Groot Internasionaal was Janelee Chaparro van Puerto Rico. Mej. Groot Internasionaal-wenners is ook verantwoordelik vir bemarkings- en gemeenskapswerk.
Die huidige Mej. Groot Internasionaal is op Saterdag 4 Desember 2021 in Bangkok, Thailand gekroon. Nguyễn Thúc Thùy Tiên van Viëtnam het tydens die 9de Mej. Groot Internasionaal-kompetisie met die kroon weggestap. Andrea Aguilera van Ecuador is aangewys as eerste prinses en Lorena Rodrigues van Brasilië as tweede prinses.
In 2019 het Belindé Schreuder (23), van Centurion in die Gautengprovinsie, Suid-Afrika verteenwoordig en deurgedring tot die top-20. Deelnemers van 60 lande het aan die kompetisie deelgeneem.
Vorige wenners + Jaar Mej. Groot Internasionaal Land Gasheerplek Deelnemers2013 Janelee Chaparro 23px Puerto Rico IMPACT Muang Thong Thani, Bangkok, Thailand712014Lees García Indoor Stadium Huamark, Bangkok, Thailand85 2015Anea GarciaIndoor Stadium Huamark, Bangkok, Thailand78 Claire Elizabeth Parker 2016Ariska Putri Pertiwi Westgate Las Vegas, Las Vegas, VSA76 2017María José Lora Vinpearl Convention Center, Phu Quoc, Viëtnam77 2018Clara Sosa The ONE Entertainment Park, Yangon, Mianmar75 2019Valentina Figuera Poliedro de Caracas, Caracas, Venezuela60 2020 Abena Appiah Show DC Hall, Bangkok, Thailand63 2021 Nguyễn Thúc Thùy Tiên Show DC Hall, Bangkok, Thailand59 2022 Isabella Menin Sentul International Convention Center, Djakarta, Indonesië68 2023 Luciana Fuster Phú Thọ Indoor Stadium, Ho Chi Minh-stad, Viëtnam69 2024 Rachel Gupta MGI Hall, Bangkok, Thailand68
Galery
Verteenwoordigers van Suid-Afrika 2015: Lenie Pieterse 2016: Caitlin Harty 2017: Yajna Debideen 2018: Misha Christi 2019: Belindé Schreuder (Top 20) 2020: Anrónet Roelofsz
Verteenwoordigers van Namibië 2013: Grace Montace Diaz Khakhane 2014: Maila Kalipi 2015: Unongo Kutako
Verwysings
Eksterne skakels Mej. Groot Internasionaal se amptelike webtuiste
Kategorie:Lyste van skoonheidskompetisies