Edward Senzo Mchunu (gebore 21 April 1958) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika en sedert Julie 2024 die die dienende Minister van Polisie. Op 13 Julie 2025 het President Cyril Ramaphosa Mchunu met onmiddellike effek op verlof geplaas, hangende 'n geregtelike kommissie van ondersoek na bewerings van korrupsie en politieke inmenging in Suid-Afrika se polisie-owerhede. Regsprofessor Firoz Cachalia is as waarnemende Minister van Polisie aangestel.

Hy was tot Junie 2024 die Minister van Water en Sanitasie in die kabinet van President Cyril Ramaphosa. Hy was voorheen die Minister van Staatsdiens en Administrasie, en het van 22 Augustus 2013 tot 23 Mei 2016 as die Premier van KwaZulu-Natal gedien. Hy is 'n lid van die African National Congress en 'n voormalige provinsiale voorsitter van die party in KwaZulu-Natal.

Mchunu is op 21 April 1958 te eNhlwathi gebore, in die gebied van Hlabisa in die noorde van Natal. Hy studeer aan die Universiteit van Zoeloeland en die Universiteit van Suid-Afrika, en behaal 'n B.A.-graad in Opvoedkunde en Internasionale Betrekkinge. Hy hou hierna sedert 1985 skool, maar verlaat die onderwys in 1991 om 'n voltydse politikus te word.

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Premiers Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van staatsdiens en administrasie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van polisie