duimnael|Moderne Square dance-vorme het dwarsoor die wêreld gewild geraak: 'n Duitse square dance-groep in Itzehoe, Sleeswyk-Holstein. Die dansstyl is ná die Tweede Wêreldoorlog deur Amerikaanse soldate na Duitsland geneem. Die eerste Square dance-klub is in 1949 deur Paul Hartman in Bremen gestig 'n Square dance (in Afrikaans soms ook kadriel genoem, afgelei van die Franse term quadrille) is 'n sambreelterm vir 'n reeks dansvorme met vier danspare wat teen die begin van die dans aan die vier kante van 'n vierhoek staan. Square dance-dansstyle word tans met die Amerikaanse volkskultuur verbind, maar het hul oorsprong nogtans in die Ou Wêreld - so in Engeland waar square dances reeds in die 16de eeu gedokumenteer is, maar ook in Frankryk en elders in Europa. Ook sogenaamde wewerdanse, waarin die verskillende stappe van die weefproses uitgebeeld word, word onder die voorlopers gereken. Die dansstyle van verskillende immigrantegroepe het in die Nuwe Wêreld saamgesmelt tot nuwe vorme.

Square dance-geesdriftiges noem ook volksdanse in Skotland, Skandinawië en Spanje as moontlike voorlopers van dansstyle wat in die Verenigde State in twee hoofgroepe geklassifiseer word - as tradisionele en moderne square dances. Die laasgenoemdes staan ook bekend as Western (American) Square dance.

Geskiedenis duimnael|Die dansfigure van Quadrille en square dance moet sorgvuldig aangeleer word. 'n Franse spotprent van 1817 illustreer 'n klein ongelukkie op die quadrille-dansvloer duimnael|'n Duitse square dance-groep met caller (in die agtergrond, met mikrofoon). In Modern square dance kondig die caller die volgende dansstappe of -figure aan om 'n vloeiende dans te verseker Die moderne Amerikaanse square dance het sy historiese wortels in 14de eeuse Europa waar die Engelse Morris dance en die hoofse dansstyle van Franse koningshuise die vroegste stylvorme en dansfigue toon. Die Engelse dansstyle het verder ontwikkel tot plattelandse danse, die English Country Dances, terwyl die Franse koninklike danse voortleef in die quadrille.

In 1992 is 'n voorstel in Minnesota gemaak om van square dance die amptelike volksdans van hierdie deelstaat te maak wat uiteindelik nie aanvaar is nie.Kristal Leebrick, Ruth Weleczki, Kate Dohman, Amanda Fretheim Gates, Tim Lehnert, John MacIntyre: Minnesota 101. Everything you wanted to know about Minnesota and were going to ask anyway. Luneburg NS: MacIntyre Purcell Publishing 2014, bl. 29

Verwysings

Eksterne skakels Wortels in Europese volksdanse

YouTube: Weaving dance - 'n dans wat die verskillende stappe van die weefproses uitbeeld Quadrille française en Regency-danse

YouTube: Hampshire Regency Dancers - A ball for Jane Austen Traditional Square Dance

YouTube: Idaho Rocky Mountain Express (I.R.M.E.) uit Burley, Idaho, VSA Square dance caller

YouTube: Die legendariese square dance caller Joe Casey († 2012) Texas Star square dance with caller

YouTube: Texas Star square dance

Kategorie:Dans