duimnael|Dit vind plaas in die kamer van die Nasionale Vergadering en addisionele banke word gewoonlik gebring om die gaste te akkommodeer. Die staatsrede is 'n jaarlikse geleentheid in Suid-Afrika waar die president 'n toespraak lewer oor die toestand van die land. Dit word voor 'n gesamentlike sitting van albei huise van die parlement, naamlik die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, gelewer.

Die toespraak word gekenmerk as die jaarlikse opening van die parlement en gerespekteerde gaste van die regering en politieke figure woon die sitting by. Tydens die staatsrede word die nuwe beplanning van die Suid-Afrikaanse regering vir die opkomende jaar vir die eerste keer bekend gemaak.Wat maak ons van die staatsrede?, Maroela Media. Besoek op 24 April 2020

Ná afloop van die geleentheid debatteer politieke partye die staatsrede en dan aan die einde van die debat lewer die president sy repliek. Titels in Suid-Afrika se amptelike tale Afrikaans: Staatsrede van die President van Suid-Afrika Engels: State of the Nation Address of the President of South Africa Ndebele: Ikulumo yesiTjhaba kaMongameli weSewula Afrika Noord-Sotho: Polelo ya Setšhaba ka Mopresidente wa Afrika Borwa Siswati: Inkulumo leyetfulelwa sive ngumengameli weleNingizimu Afrika Suid-Sotho: Puo ya Mopresident wa Afrika Borwa Tsonga: Mbulavulo wo Pfula Palamende lowu endliweke hi Phuresidente wa Afrika Dzonga Tswana: Puo ya Maemo a Setšhaba ka Moporesitente wa Aforika Borwa Venda: Mulaedza wa Lushaka wa Muphuresidennde wa Afrika Tshipembe Xhosa: INtetho yeLizwe kaMongameli waseMzantsi Afrika Zoeloe: Inkulumo Kamongameli Wase Ningizimu Afrika Yesimo Sezwe

Verwysings

Eksterne skakels State of the Nation Address

Kategorie:Politiek van Suid-Afrika