Die Gideonskoptolbos (Leucadendron bonum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Kouebokkeveldberge by Gideonskop voor. Die struik word 1.6 m hoog en dra blomme in Oktober. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 8 km² waar twee klein, gefragmenteerde subpopulasies voorkom. Die spesie word bedreig deur brande, in 2005 was daar slegs ses plante oor en tans is daar oor die 50.

In Engels staan dit as die Gideonskop Conebush bekend.

Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Biodiversityexplorer Plants of the World Online

Kategorie:Leucadendron Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika