duimnael|'n PC-1211.

Sharp PC-1211 is 'n klein handpalmrekenaar, wat ook as die Tandy TRS-80 PC1 bemark is. Hierdie model is aangedryf deur 'n 4-bis SVE wat heeltemal in krag-besparende CMOS-tegnologie uitgelê was.

Tegniese spesifikasies 24 alfanumeriese karakter vloeikristalvertoon (kolletjie matriks) Volle QWERTY-sleutelbord Ingeboude luidspreker Uitbreidingspoort vir drukker en bandspeler, ens. Programmeerbaar in BASIC Gebruik vier 1.5 V litium knopselle Batterylewe oor die 200 uur 1424 program-stappe, 26 permanente plekhouers (A-Z of A$-Z$) en 178 plekhouers wat met program stappe gemeng is Dit is vervaardig uit gewone oor-die-toonbank CMOS-komponente, insluitende die SC43177/SC43178 SVE wat met 'n spoed van 256 kHz loop en oor drie TC5514P 4 kbis RAM-modules beskik.

Verwante Sharp-sakrekenaars Sharp PC-1210 Sharp PC-1251 Sharp PC-1500 Sharp PC-1500A met meer geheue Sharp PC-1501 Sharp PC-1600 met meer geheue en 'n groter LCD-skerm met grafika

Eksterne skakels

Sharp PC-1211 op MyCalcDB (databasis oor sakrekenaars van die 70's en 80's)

Kategorie:Rekenaars Kategorie:Sakrekenaars