Die slangbossie (Leucospermum hypophyllocarpodendron) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucospermum behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom op Piketberg, by Hopefield, die Kaapse Vlakte, Riebeek-Kasteel en die Breederiviervallei. Die struik is klein en word 20 cm hoog en rank meer oor die grond. Die plant dra blomme van Augustus tot Januarie.
Subspesies Die plant het twee subspesies: Leucospermum hypophyllocarpodendron subsp. canaliculatum (E.Mey. ex Meisn.) Rourke Leucospermum hypophyllocarpodendron subsp. hypophyllocarpodendron
In Engels staan dit as die Grey-snakeskin pincushion bekend.
Sien ook Lys van speldekussingspesies
Verwysings
Bronnelys REDLIST Sanbi Protea Atlas Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Speldekussings Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika