Grafenwöhr is 'n stad in die Opper-Palts (Oberpfalz)-distrik Neustadt aan die Waldnaabrivier in Duitsland.
Geografie In geheel sluit die stadsgebied die volgende plekke in: Grafenwöhr, Bruckendorfgmünd, Dorfgmünd, Gößenreuth, Hammergmünd, Hütten, Josephsthal, Kollermühle, Moos en Rosenhof.
Geskiedenis Die stigting van Grafenwöhr kan baie jare teruggespeur word, en is deur twee natuurlike grense bepaal, naamlik die Creußen- en die Thumbach-riviere. Grafenwöhr het eers as Wörth of Werd bekend gestaan, oftewel "afweerplek" omdat die inwoners daar skuiling gesoek het. Die plek het bekendheid verwerf toe dit in die besit van die landgrawe gekom het en is in 1361 deur die landgraaf tot munisipaliteit (Duits: Stadt) verhef. Tot 1421 was Grafenwöhr onder die heerskappy van die Landgrawe van Leuchtenberg, tot 1621/28 Kuurpalts (‘kurpfälzisch’), en daaropvolgend Beiers. Tot 1900 het die stad slegs 900 inwoners gehad. Daarna, onder die invloed van die nabygeleë troepe-oefenkamp (in 1908 gestig) het dit 'n kommersiële opswaai beleef. Die hewige bombarderings in April 1945 het amper op die volledige vernietiging van stad Grafenwöhr uitgeloop. Die grootste teiken van die Geallieerde magte was natuurlik die troepe-oefenkamp, maar baie van die honderde bomme wat gedurende die twee bombardemente geval het, is ook misgegooi of is deur die wind van die koers af gedryf. Die troepe-oefenkamp word vandag deur die Amerikaanse weermag en die Bundeswehr, die Duitse weermag, gebruik. Dit is ook een van die grootste NAVO-Troepe-oefenkampe in Europa. Die stad het nou (in 2004) sowat 6 901 inwoners en was al die basis vir groot troepe-oefeninge – tot getalle van 15 000 troepe en meer. Daar is ook 'n vliegveld, waar selfs Hercules C-130 vliegtuie kan land.
Stadvriendskappe (Städtepartnerschaften) Sedert 1995 bestaan 'n stadsvriendskap met Grafenwörth (Oostenryk).
Kultuur en besienswaardighede duimnael|links|250px|Grafenwöhr se Munisipaliteit- en Raadsaal (Rathaus) is in 1462 gebou en in 1986 gerenoveer duimnael|links|250px|Markplein Grafenwöhr (Unterer Markt) duimnael|links|250px|Kerk "Maria Hemelvaart" aan die 'Onderste markplein'
Museums Eerste Opperpalts Kultuur- en Militêre Museum, met spesiale wisselende en permanente uitstallings
Geboue (besienswaardighede) Historiese ou Middestad Laatgotiese Munisipaliteit- en Raadsaal van 1462 (spätgotisches Rathaus von 1462) Die 'Tiende'-huis van 1532, 'n stoorplek – waar mense hul belasting moes betaal, naamlik 'n tiende van hulle opbrengs van plaasprodukte. (Zehentkasten von 1532) Die pespilaar van 1496 (geskat) (Pestsäule vermutlich von 1496) Gerestoureerde gedeelte van die ou stadsmuur (restaurierter Teil der Stadtmauer) Schönberg met natuurverhoog, waar baie toneelspelers hulle kunste in die vrye natuur kan opvoer (Schönberg mit Naturbühne) Die Maria-Hemelvaart-Bergkerk op die St. Annaberg (Kirche "Maria Himmelfahrt") St. Annaberg met Die Maria-Hemelvaart-Bergkerk (Annaberg mit Maria-Hilf-Kirche) Begraafplaaskerk St. Ursula van 1593 (Friedhofskirche St. Ursula (1593))
Sake- en infrastruktuur Plaaslike firmas & ondernemings Grafenwöhr se welvaart berus hoofsaaklik op die Troepe-oefenkamp. Dit is een van die belangrikste ekonomiese dryfvere in die omgewing en bied werk aan meer as 3 600 mense.
In die Stigterssentrum Grafenwöhr-Eschenbach-Pressath word opkomende sakemense bygestaan om 'n firma of bedryf op die been te bring. Hulle kan selfs 'n kantoor huur en dus 'onder toesig' wees terwyl hulle die eerste fases van hul nuwe saketoekoms betree.
Openbare inrigtings Stadsaal Woudbad Kroeë Restourante Pretpark Binnenshuise-kinderspeelplek "MegaPlay"
Media Mediumgolfradiosender (MW), die AFN, die VSA Weermagkanaal, wat in Engels uitsaai.
Opleiding & onderwys 3 kleuterskole 'n Inrigting vir skoolvoorbereiding Laerskool & Hoërskool (Volksschule) Die St. Michael Beroepskool vir individuele onderwys (vir tegniese vakrigtings) (St.-Michaels-Werk e. V. Berufsschule zur individuellen Lernförderung ) Handelsskoolsentrum (Kaufmännisches Schulungszentrum)
Persoonlikhede Reinhard Pappenberger, wybiskop ('Weihbischof') van die bisdom ('Diözese') Regensburg en Titulaarbiskop van Aptuca (Tunisië)
'VIP'-Besoekers Adolf Hitler, gedurende die Tweede Wêreldoorlog Elvis Presley, was sedert 3 November 1958 vir sy militêre diensplig in die VSA ook in Duitsland gestasioneer, en het in die Troepeoefenkamp-Grafenwöhr geoefen."Elvis in die Opper-Palts" – Sy tyd as soldaat in en om die Troepeoefenkamp-Grafenwöhr deurgebring. Hy het egter ook die kroeë van die stad besoek en daar gesing. Franz Josef Strauss, Ministerpresident van Beiere, voormalige Minister van Verdediging, en Leier van die CSU-Party in Beiere.
Aandenkings aan/van Grafenwöhr duimnael|links|250px|Koffiebeker om die tyd in die Troepeoefenkamp en in Grafenwöhr (vir altyd) te onthou …
Gesegde 'n Ou gesegde onder die troepe lui: "Diegene wat pa en ma nie eer nie, kom na STRAFenwöhr om sy diens (weerplig) te doen."
Verwysings
Eksterne skakels Stadt Grafenwöhr – Amptelike webwerf van die stad Grafenwöhr Grafenwöhr – Straatkaarte en Satellietfoto's (WikiMapia) Luftbilder der Stadt – Lugfoto's van die stad Grafenwöhr (en die omgewing, indien skakels van daar af gevolg word)
Kategorie:Nedersettings in Beiere