V-Zug AG (eie skryfwyse: V-ZUG AG) is 'n vervaardiger van huishoudelike toestelle wat sy hoofkwartier in Zug, Switserland het. Saam met twee ander ondernemings, Gehrig Group AG en Sibir Group AG, word V-Zug as die afdeling Huishoudelike toestelle binne die Metall-Zug-groep bedryf. duimnael|links|Die hoofkwartier van V-Zug in Zug. Die onderneming is besig om 'n hele nuwe buurt vir sy navorsings- ontwikkelings- en vervaardigingsaktiwiteite op te rig wat teen 2033 voltooi sal wordvzug.com: Firmenprofil. Besoek op 2 April 2020 Saam met Duitse vervaardigers soos Miele maak V-Zug deel uit van 'n klein groep ondernemings wat as wêreldleiers op die mark vir gekombineerde ooghoogteoonde met stoomgaar-, konveksie- en mikrogolf-tegnologie optree. In Switserland is V-Zug die markleier op die gebied van huishoudelike toestelle soos wasmasjiene, skottelgoedwassers en kombuisoonde met meer as drie miljoen toestelle in huishoudings.Luzerner Zeitung, 19 Maart 2020: V-Zug wird nur bedingt eigenständig. Besoek op 2 April 2020 Vanaf 25 Junie 2020 sal die aandele van die nuwe houermaatskappy V-Zug Holding AG aan die Switserse effektebeurs genoteer word.

Verwysings

Kategorie:Switserse maatskappye