duimnael|Arco-vloerlamp deur Pier Giacomo Castiglioni en Achille Castiglioni, 1962 duimnael| Arco-lamp van naderby Die Arco-lamp is 'n moderne, oorhoofse vloerlamp wat in 1962 deur die broers Pier Giacomo en Achille Castiglioni, vir Flos, ontwerp is. Die voetstuk van die lamp bestaan uit 'n regop stuk Carrara-marmer. 'n Grasieus-gekurfde arm van vlekvrye staal strek van die marmer-voetstuk tot by 'n balvormige aluminium lampkap. Die lamp is 241,5 cm hoog.
Die lamp was sedert die oorspronklike vrystelling daarvan in 1962 nog altyd in produksie.
Geskiedenis
Saak oor intellektuele eiendom In November 2006 het Flos aanklagte teen Semeraro Casa & Famiglia SpA gebring en beweer dat die maatskappy die wet op kopiereg oortree het deur die verkoop van 'n soortgelyke lamp met die naam Fluida. Advokaat-generaal Yves Bot was van mening dat hoewel die Fluida-lamp in nabootsing van die oorspronklike Arco-ontwerp geskep is, die produksie van die lamp wettig was, aangesien die oorspronklike ontwerp sedertdien in die openbare domein gesien en beskikbaar was.
Na aanleiding van wetgewing, rakende die beskerming van ontwerpe, wat in 2001 geïmplimenteer is, het Bot Semeraro egter beveel om die produksie van die Fluida-lamp te staak.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Tipes lampe Kategorie:Italiaanse ontwerpe Kategorie:Twintigste eeuse ontwerp