Die Palestynse vlag is op 28 Mei 1964 deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie in gebruik geneem en op 15 November 1988 deur die Staat Palestina. Die vlag vertoon drie horisontale bane in swart, wit en groen met ’n rooi gelyksydige driehoek aan die vlagpaalkant.

Kleure duimnael|Wapperende Palestynse vlae by Jasser Arafat se graf in Ramallah Die kleurskema word hieronder gelys:

30px RGB 206/17/38 255/255/255 0/122/61 0/0/0 Heksadesimaal #ce1126 #FFFFFF #007a3d #000000CMYK 0/92/82/19 0/0/0/0 100/0/50/52 0/0/0/100

Interpretasie van kleure Skema TekstielkleurRooi Die Hasjemitiese dinastie; bloedige stryd vir vryheid.Wit Die Omajjadiese dinastie; helder en vreedsame toekoms. Groen Die Fatimidiese dinastie; Ali, die neef en skoonseun van Mohammed. Swart Die Abbasidiese dinastie; onderdrukking in die verlede.

Geskiedenis duimnael|Palestynse vlag oor die Alhambra-bioskoop, Jaffa, 1937 Die vlag is byna identies aan dié van die Hasjemiete Koninkryk Hidjaz wat die westelike gedeelte van die Arabiese Skiereiland uitmaak, die Arabiese Sosialistiese Ba’ath-party (albei gebruik ’n vlagverhouding van 2:3 teenoor die 1:2 van die Palestynse vlag) asook die kortstondige Arabiese Federasie van Irak en Jordanië (wat elk ’n gelyksydige driehoek aan die vlagpaalkant gebruik het)

Die vlag wat in die eerste helfte van die 20ste eeu deur die Arabiese Palestyne gebruik is, is die vlag van die Arabiese Opstand van 1916. Die oorsprong van die vlag is onduidelik. ’n Weergawe wil dit hê dat die kleure in 1909 deur die Arabiese nasionalistiese ‘Literêre Klub’ in Istanboel gekies is na aanleiding van die woorde van die 13de-eeuse Arabiese digter Safi al-Din al-Hili:

Vra die hoogreikende lanse na ons aspirasies Bring die swaard aan getuies, het ons hoop verloor Ons is ’n groep, eer halt ons siele Van oorsprong met leed, dié wat ons nie leed aandoen nie Wit is ons dade, swart is ons gevegte Groen is ons velde, rooi is ons swaarde

’n Ander weergawe meen weer dit is te danke aan die Jong Arabiere-genootskap wat in 1911 in Parys gestig is. Nóg ’n weergawe lui dat die vlag deur sir Mark Sykes van die Britse Ministerie vir Buitelandse Sake ontwerp is. Wat die regte weergawe ook al mag wees, die vlag is ten minste teen 1917 deur Sharif Hussein gebruik en dit het vinnig bekendheid begin verwerf as die vlag van die Arabiese nasionale beweging in die Masjriek. Tamir Sorek, The orange and the ‘Cross in the Crescent’: imagining Palestine in 1929, Nations and Nationalism, Vol 10 (2004) 269-291.

Op 18 Oktober 1948 is die vlag van die Arabiese Opstand aangeneem. ’n Gewysigde weergawe (wat die volgorde van die horisontale bane verander het) is amptelik in 1964 deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie as die vlag van die Palestynse volk aanvaar. Op 15 November 1988 het die PBO die vlag ook as die vlag van die Staat Palestina aanvaar.

Op voetsoolvlak is die vlag sedert die Oslo-akkoord, met die stigting van die Palestynse Owerheid in 1993, wydverspreid gebruik. Die vlag word vandag dikwels deur Palestyne en hul ondersteuners vertoon. VN Veiligheidsraad: Die situasie in die Midde-Ooste, insluitend die Palestynse kwessie (S/PV.5077 )Mnr. Terje Roed-Larsen, spesiale koördineerder vir die Midde-Oosterse Vredesproses en Persoonlike Verteenwoordiger van die Sekretaris-Generaal: “[Arafat] met die kenmerkende kaffijeh het Palestynse identiteit en nasionale strewe verpersoonlik, selfs meer as die Palestynse vlag of nasionale lied.” AmericanDiplomacy.org: Palestynse Sielkundige Operasies: Die eerste intifada deur Jamie EfawAanhaling: “’n Voorbeeld van ’n gemene, voor die hand liggende simboliek het in die vorm van die Arabiese vlag gekom. […] die vlag en die kleure het die boodskap van die onderliggende tema van gehele Intifada-Palestynse nasionalisme aan elke teikengehoor oorgedra. Die vlag, simbool van Palestynse nasionalisme, is alomteenwoordig in die besette gebiede.”

Ander vlae

Soortgelyke vlae Die vlae van Jordanië en Wes-Sahara is ook deur die Arabiese Opstand (1916–1918) teen Ottomaanse oorheersing geïnspireer. Die vlag van die Arabiese opstand het dieselfde grafiese vorm gehad maar die kleure is anders gerangskik.

Verbanning Onmiddellik na die Sesdaagse Oorlog in 1967 het die Staat Israel die Palestynse vlag in die besette Gasastrook en Wesoewer verbied. In 1980 het ’n wet kunswerke van “politieke noemenswaardigheid” waarin die vier kleure gebruik is, verbied en Palestyne is gearresteer indien hulle sulke kunswerke sou vertoon.

Die verbanning is sedert die ondertekening van die Oslo-akkoorde in 1993 opgehef.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Palestina by Flags of the World.

Palestina Kategorie:Staat Palestina