Denis Anatolijowitsj Sjmihal (Oekraïens: Денис Анатолійович Шмигаль; gebore 15 Oktober 1975) is 'n Oekraïense sakeman en politikus wat van 4 Maart 2020 tot 17 Julie 2025 as die eerste minister van Oekraïne gedien het. Voor sy aanstelling as eerste minister, was hy goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast en 'n waarnemende viseminister in die Hontsjaroek-regering.

Sedert sy aanwysing as eerste minister was Sjmihal in beheer van die regering se hantering van die Covid-19-pandemie in Oekraïne en die voer van die oorlog met Rusland.

Biografie Sjmihal is in 1975 in Lwif in die weste van Oekraïne toe die land nog deel was van die Sowjetunie, gebore. Hy het in 1997 'n graad in ekonomie aan die Lwif Politegniese Nasionale Universiteit verwerf voordat hy in 2003 'n doktorsgraad in ekonomie van die universiteit ontvang het.

Hy het as 'n rekenmeester vir verskeie maatskappye tussen 1997 en 2005 gewerk. Sjmihal was tussen September 2005 en Junie 2006 adjunkhoofdirekteur van 'n maatskappy genaamd "LA DIS". Van Junie 2006 tot Augustus 2008 was hy die direkteur van die beleggingsmaatskappy "Comfort-Invest". Sjmihal was toe, tussen September 2008 en September 2009, hoofdirekteur van 'n maatskappy genaamd "ROSANINVEST LLC".

Van 2009 tot Desember 2013 het hy senior ampte in die Lwif-oblast beklee. Hy was 'n onsuksesvolle onafhanklike kandidaat vir die Oekraïense parlement in die 2014 parlementêre verkiesing.Small biography on Denys Shmyhal, Civil movement "Chesno" Hy was toe die jaar daarna 'n onsuksesvolle kandidaat vir die Lwif-oblast-raad.

Sjmihal is op 1 Augustus 2019 as die goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast aangewys. Hy is op 4 Februarie 2020 as die minister van streeksontwikkeling aangestel.Ukraine's parliament appoints Shmyhal as Deputy Prime Minister, Minister of Community Development, UNIAN (4 February 2020) Sjmihal is toe presies 'n maand later deur president Wolodimir Zelenski as die eerste minister van Oekraïne aangewys.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1975 Kategorie:Oekraïense politici