Champagne-Ardenne [ʃɑ̃ˌpaɲaʀˈdɛn] was een van Frankryk se 26 administratiewe geweste (Frans: régions) wat van die Belgiese grens in die noorde tot by die oorsprong van die Seinerivier het gestrek. Die gewes was vernoem na die historiese landskap Champagne en die Ardenne-bergreeks en het beslaan 'n oppervlakte van 25 606 vierkante kilometer.

Champagne-Ardenne het 'n bevolking van 1,3 miljoen mense. Châlons-en-Champagne dien as die administratiewe hoofstad of prefektuur van die gewes, maar sy grootste en histories belangrikste stad is Reims.

Bronne Met erkenning aan die Maison de la France, die Comité Régional du Tourisme de Champagne-Ardenne en die Région Champagne-Ardenne wat inligtingsmateriaal beskikbaar gestel het.

Kategorie:Voormalige administratiewe geweste van Frankryk