’n Pseudepigraaf (van die Griekse ψευδής, pseudḗs, "vals", en ἐπιγραφή, epigraphḗ, "naam", "inskripsie" of "toeskrywing"; saamgevoeg beteken dit dus "vals opskrif of titel") dui daarop dat ’n boek of ander geskrif onder ’n vals naam of skuilnaam geskryf is. Baie geskrifte, veral uit die oudheid, word aan ’n sekere persoon toegeskryf, terwyl iemand anders dit eintlik geskryf het.
Dikwels beteken dit ’n geskrif is onder die naam van ’n gesaghebbende figuur geskryf om dit groter gesag te gee. Soms word ’n werk deur ander per ongeluk aan ’n sekere persoon toegeskryf. Die aanduiding sê niks oor die inhoud van die werk nie.
Ou Testament In verband met die Hebreeuse Bybel is pseudepigrawe gewoonlik Joodse godsdiensgeskrifte van tussen omstreeks 200 v.C. en 200 n.C., en hulle is nie in die Bybelse kanon opgeneem nie. Hierdie werke is nie almal letterlik pseudepigrafies nie en word onderskei van die apokriewe boeke van die Ou Testament. Voorbeelde hiervan is:
Boek van Jubileë Openbaring van Sefanja Lewe van Adam en Eva 1 Henog 2 Henog 3 Henog Brief van Aristeas Psalms van Salomo 3 Makkabeërs 4 Makkabeërs Hemelvaart van Moses Die Hemelvaart van Jesaja Testamente van die Twaalf Stamvaders
Nuwe Testament Vlakke van egtheid Wetenskaplikes het sewe vlakke van outentisiteit geïdentifiseer waarin dokumente wat aan ’n bepaalde skrywer toegeskryf word, geplaas kan word – van outentiek tot vervalsing:Mark A. Powell (2009): Introducing the New Testament, Baker Academic, p. 224 Letterlike outerskap: ’n Kerkleier wat ’n dokument in sy eie handskrif geskryf het; Diktering: ’n Kerkleier wat ’n dokument woord vir woord aan ’n sekretaris dikteer het; Gedelegeerde outeurskap: ’n Kerkleier wat die kernboodskap of bedoeling aan ’n dissipel of sekretaris beskryf het; Postume outeurskap: Die dissipel van ’n afgestorwe kerkleier het ’n werk voltooi wat hy wou skryf en dit in sy naam rondgestuur; Leerlingouteurskap: ’n Kerkleier het gesterf en dissipels aangestel om namens hom te praat en werke in sy naam te skryf; Pseudepigrafie as eerbetoon: n Kerkleier het gesterf en sy bewonderaars wou aan hom eer betoon deur werke in sy naam te skryf, in die opregte oortuiging dat hulle die verantwoordelike draers van sy tradisie is; Pseudepigrafie as vervalsing: ’n Kerkleier het so baie invloed gehad dat mense sy nalatenskap wou gebruik om werke in sy naam te skryf waarin hulle hulle eie idees propageer.
Kanonieke pseudepigrawe Die meeste van die werke in die kanon van die Nuwe Testament is pseudepigrafies. Die skrywers van die vier evangelies noem byvoorbeeld nie ’n skrywer nie, en hulle is in die eeue ná hulle ontstaan toegeskryf aan die "evangeliste" Matteus, Markus, Lukas en Johannes.
Die outeurskap van die helfte van die 14 briewe van Paulus word betwis.David E. Aune: The Blackwell Companion to The New Testament, , p. 9: "While seven of the letters attributed to Paul are almost universally accepted as authentic (Romans, 1 and 2 Corinthians, Galatians, Philippians, 1 Thessalonians, Philemon), four are just as widely judged to be pseudepigraphical, i.e. written by unknown authors under Paul's name: Ephesians and the Pastorals (1 and 2 Timothy and Titus).James D.G. Dunn (2003): Eerdmans Commentary on the Bible, , p. 1274: "There is general scholarly agreement that seven of the thirteen letters beariing Paul's name are authentic, but his authorship of the other six cannot be taken for granted... Romans, 1 and 2 Corinthians, Galatians, Philippians, 1 Thessalonians and Philemon are certainly Paul's own."Daniel B. Wallace: Hebrews: Introduction, Argument, and Outline
Ook die sogenaamde "algemene briewe" is vermoedelik pseudepigrafies: Brief van Jakobus – noem Jakobus as skrywer, algemeen beskou as Jakobus die Regverdige Eerste brief van Petrus – noem Petrus as skrywer Tweede brief van Petrus - noem Petrus as skrywer Eerste brief van Johannes - noem geen skrywer Tweede brief van Johannes - noem geen skrywer Derde brief van Johannes - noem geen skrywer Brief van Judas - noem "Judas, ’n dienaar van Jesus Christus en ’n broer van Jakobus" as skrywer, tradisioneel beskou as Judas Taddeüs
Ook van Die Openbaring aan Johannes word algemeen aanvaar dat dit pseudepigrafies is. Die boek noem Johannes as skrywer, tradisioneel beskou as die apostel Johannes.
Apokriewe pseudepigrawe Daaar is ook pseudepigrawe uit die tydperk 100 tot 300 n.C. Hulle word meestal aangedui met die term apokriewe boeke van die Nuwe Testament. Voorbeelde is: Brief van Barnabas Evangelie volgens Judas Kindheidsevangelie van Tomas Evangelie volgens Maria Magdalena Evangelie volgens Nikodemus Evangelie volgens Petrus Evangelie volgens Tomas Handelinge van Andreas Handelinge van Johannes Handelinge van Paulus Handelinge van Petrus Handelinge van Tomas Odes van Salomo Openbaring aan Paulus Openbaring aan Petrus Openbaring aan Stefanus Openbaring aan Tomas Verkondiging van Petrus
Verwysings
Skakels