TOI 700 d is ’n eksoplaneet, moontlik ’n aardplaneet, wat om die rooidwerg TOI 700 wentel. Die ster is 101,4 ligjare van hier in die sterrebeeld Swaardvis. Die planeet is die eerste aardgrootte-eksoplaneet wat deur die Transiting Exoplanet Survey Satellite (TESS) in die bewoonbare sone van sy ster ontdek is, vroeg in Januarie 2020.

Fisiese eienskappe TOI 700 d is min of meer so groot soos die Aarde, met ’n soortgelyke radius en massa. Die massa is na raming en sy radius .

duimnael|senter|500px|Die TOI 700-planeetstelsel. Die moederster, TOI 700, is ’n rooidwerg (van spektraaltipe M). Dit het 40% die massa, 40% die radius en 50% die temperatuur van die Son. Dit is ’n helder ster met ’n lae vlak van steraktiwiteit. Geen stervlamme is deur TESS waargeneem nie. Die lae rotasiespoed is ook ’n aanduiding van min steraktiwiteit.

TOI 700 d wentel elke 37,4260 dae om sy ster, binne die bewoonbare sone. Die stelsel het nog twee planete, TOI 700 b en TOI 700 c, wat nie in die bewoonbare sone is nie.

Ontdekking TOI 700 d is vroeg in Januarie 2020 deur TESS (’n ruimteteleskoop van Nasa) ontdek.

Verwysings

Eksterne skakels TESS se amptelike webtuiste ExoFOP TIC 150428135 Waarnemingsinligting oor TOI-700 The First Habitable Zone Earth-sized Planet from TESS. III: Climate States and Characterization Prospects for TOI-700 d, Gabrielle Suissa et al., 3 Januarie 2020

Kategorie:Eksoplanete Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone