Günther Beckstein (* 23 November 1943 in Hersbruck) is 'n Duitse politikus (CSU). Van 9 Oktober 2007 tot 1 Oktober 2008 was hy die Beierse ministerpresident. In sy vorige diens, onder Edmund Stoiber, was hy die Beierse minister van binnelandse sake, vir 'n termyn van 14 jaar.

Opleiding en beroep Nadat Beckstein in 1962 sy matriek verwerf het aan die Willstätter-Gimnasium in Neurenberg, studeer hy aan die universiteite in Erlangen en München in die regswetenskap. Vanaf 1971 tot 1988 het Beckstein 'n prokureurskantoor bedryf. In 1975 volg sy doktorsgraad in Erlangen met sy proefskrif getiteld "Der Gewissenstäter im Strafrecht und Strafprozeßrecht" op die vakgebied van die regswetenskap.

Kategorie:Duitse politici Kategorie:Beiere Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense