duimnael Ernst Friedrich Christoph (Fritz) Sauckel (27 Oktober 1894 - 16 Oktober 1946) was 'n Duitse Nazi-politikus, Gauleiter van Thüringen en die algemene gevolmagtigde vir arbeidsontplooiing vanaf Maart 1942 tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Sauckel was een van die 24 persone wat beskuldig is in die Neurenberg-verhoor van die Groot Oorlogsmisdadigers voor die Internasionale Militêre Tribunaal. Hy is skuldig bevind aan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, en is ter dood veroordeel.

Eksterne skakels

Kategorie:Duitse Nazi's Kategorie:Duitse oorlogsmisdadigers Kategorie:Duitse politici Kategorie:Duitse tereggestelde mense Kategorie:Mense in die Sjoa Kategorie:SS-bevelvoerders Kategorie:Geboortes in 1894 Kategorie:Sterftes in 1946