duimnael|Seël van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps Die Koeds-mag (Engels: Quds Force; Persies: سپاه قدس sepāh-e qods) is 'n eenheid in Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) wat spesialiseer in onkonvensionele oorlogvoering en militêre intelligensie-operasies. Verantwoordelik vir operasies buite Iran, ondersteun die Koeds-mag niestaatsrolspelers in baie lande, insluitend die Libanese Hezbollah, Hamas, die Palestynse Islamitiese Jihad in die Gazastrook en die Wesoewer, die Jemenitiese Houthi's, en die Sjia-milisies in Irak, Sirië en Afghanistan.
Ontleders skat dat die Koeds-mag 10 000 tot 20 000 lede het.Filkins, Dexter| "The Shadow Commander "| The New Yorker, 30 September 2013. Die Koeds-mag rapporteer direk aan die opperleier van Iran, Ayatollah Ali Khamenei.Dionisi, 7 Dit was deur generaalmajoor Qasem Soleimani aangevoer totdat hy op 3 Januarie 2020 deur 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval op Bagdad Internasionale Lughawe gesterf het. Brigadier-generaal Esmail Ghaani is op dieselfde dag aangestel as bevelvoerder van die Koeds-mag.
Verwysings
Kategorie:Irannese weermag