Stephen Stewart is 'n Suid-Afrikaanse musiekpromotor en entrepreneur. Hy was van 2011 tot 2014 Musiek Promotor en Prinsipaal van Afrikaanse Bemarking en Publisiteit van Universal Music en is bekend vir sy betrokkenheid by kunstenaars soos Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Rina Hugo, Manuel Escorcio, Sonja Heroldt, Ons Lieflinge, Rudi en Corlea, en Izak Davel. Stewart het bygedra tot verkope van meer as 500 000 albums waarvan verskeie Platinum, Goud en Dubbel Platinum toekennings ontvang het.

Persoonlike lewe Hy trou in 2010 met sanger Rudi Claase. Hulle skei in 2013 na drie en 'n half jaar.

Verwysings

Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs