Die trompsnelheid is die snelheid van 'n projektiel, koeël, balletjie of korrel die oomblik wanneer dit 'n kanon of 'n vuurwapen se loop verlaat. Vuurwapens se trompsnelhede wissel van ongeveer 120 m/s tot 370 m/s in ou voorlaaiers van die 16de eeu tot meer as 1 200 m/s in moderne gewere wat hoëslaankragpatrone gebruik. Die kanonne van tenks, wat pantserdeurdringingsammunisie gebruik, bereik 'n trompsnelheid van 1 700 m/s.
Nasa gebruik liggasgewere om ruimterommelbotsings met ruimtetuie te simuleer, die geweer kan projektiele tot 8 500 m/s versnel.
Verwysings
Kategorie:Wapentuig Kategorie:Vuurwapendryfmiddels