Die Engelse Rugbyvoetbalunie (Engels: Rugby Football Union, afgekort RFU) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Engeland beheer. Die beheerliggaam is in 1871 gestig en by Twickenham gesetel. Sedert 1890 verteenwoordig dit Engeland by Wêreldrugby en sedert 1999 ook by Rugby Europa (RE).

Geskiedenis duimnael|links|Die Webb Ellis Rugby Football Museum in die Engelse dorp Rugby duimnael|links|Gedenkplaat by die plek, waar die Engelse Rugbyvoetbalunie op 26 Januarie 1871 gestig is Die Engelse Rugbyvoetbalunie is op 26 Januarie 1871 gestig. Daarmee is dit die oudste rugbybeheerliggaam ter wêreld en het in 1890 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens het die RFU in 1999 by die vastelandse beheerliggaam FIRA-AER (nou Rugby Europa, RE) aangesluit.

Taak duimnael|Setel van die Engelse Rugbyvoetbalunie in Londen Die Engelse Rugbyvoetbalunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Engeland se nasionale seniormansrugbyspan, vroue (albei die Rooi Rose) en jeug. Die RFU hou ook toesig oor sewesrugby in Engeland en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Britse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die RFU ook ander keurspanne byeen. Die England Saxons is die tweede nasionale span van Engeland. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Engeland. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Engeland beskik oor ’n nasionale span vir studente, die Schoolboys, wat as ’n voorbereiding op die Engelse nasionale rugbyspan dien. Net soos ander rugbylande beskik Engeland oor ’n o/20-nasionale span wat aan die o/20-Sesnasies-toernooi en die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.

Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in die land is die Engelse Premierskap, waaraan nege klubs deelneem. Bo die nasionale kampioenskap word jaarliks saam met klubs uit Frankryk, Ierland, Italië, Skotland, Suid-Afrika en Wallis die Europese Rugbykampioenskapbeker en die Europese Rugby-uitdaagbeker beslis. Die belangrikste vrouerugbytoernooi is die Engelse Vrouepremierskap, waaraan nege klubs deelneem.

Die Engelse Rugbyvoetbalunie organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het reeds opgetree as gasheer van die rugbywêreldbekertoernooie in 1991 en 1999 (albei saam met die ander destydse Vyfnasies), asook 2015 (saam met Wallis). Daarbenewens het hulle die vrouerugbywêreldbekertoernooie in 2010 en 2025 gehuisves. Saam met die Franse Rugbyfederasie, die Ierse Rugbyvoetbalunie, die Italiaanse Rugbyfederasie, die Skotse Rugbyunie en die Walliese Rugbyunie organiseer hulle die jaarlikse Sesnasies-toernooi en die Sesnasies-vrouetoernooi, die vernaamste rugbytoernooie in die Noordelike Halfrond. Daarbenewens word die Londen Sewes jaarliks beslis.

Dit word as ’n groot prestasie beskou om saam met die Britse en Ierse Leeus na die Suidelike Halfrond te toer, waar hulle sowat al om die vier jaar teen die Nieu-Seelandse All Blacks, die Suid-Afrikaanse Springbokke of die Australiese Wallabies speel.

Kenteken Die embleem op die trui is ’n rooi roos, pleks van die drie leeus op die truie van die sokkerspan en die krieketspan. Die Rugbyvoetbalunie het die nasionale span se embleem voor die eerste wedstryd teen Skotland in Edinburg in 1871 ontwerp. ’n Rooi roos – glo dié van die Huis van Lancaster – is as die span se embleem gekies. Die nasionale span se wit trui is ontleen aan dié wat by die Rugby-skool gedra is. Die ontwerp en standardisering van die roos – wat tot 1920 in verskeie variasies uitgebeeld is – word aan Alfred Wright, ’n werknemer by die Rugbyvoetbalunie, toegeskryf. Wright se ontwerp is glo tot in die laat 1990’s met min veranderinge gebruik. Die roos is eers in 1997 verander, toe Nike die amptelike truiverskaffer geword het.

Sien ook

Engelse en Walliese Krieketraad

Verwysings

Eksterne skakels Die Rugbyvoetbalunie se tuisblad

Kategorie:Rugby in Engeland Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby