Sixtus III was die 44ste pous van die Katolieke Kerk.
Biografie Pous Sixtus III is 'n Romein van geboorte. Op 31 Julie 432 volg hy Pous Celestinus I op en regeer tot sy dood op 18 Augustus 440. Hy word opgevolg deur Pous Leo I. Die naam ‘Sixtus’ beteken ‘die sesde’ in Latyn, maar die Griekse "Ξυστος" (Xystus) beteken ‘die beskaafde‘.
Pontifikaat Sixtus het reeds onder die bewind van pouse Zosimus, Bonifatius I en Celestinus I baie invloed gehad. Hy het met Augustinus gekorrespondeer. Hy verdedig die bestuursmag van Rome oor Illiricum teen die biskop van Thessaloniki. Op die plek van die Basilika Liberiana bou hy die Santa Maria Maggiore as herinnering van die konsilie van Efese.
Verering Sixtus III word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 18 Augustus.
Verwysings
Eksterne skakels
Ekumeniese Heiligesleksikon
Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Kategorie:Geboortes in 390 Sixtus III Sixtus III Kategorie:Sterftes in 440