Marvin Gaye (2 April 1939 – 1 April 1984) was 'n Amerikaanse sanger.
Biografie Gaye is gebore Washington. Hy het twee susters en 'n broer gehad. Hy was in die Amerikaanse Lugmag, maar is uit die weermag ontslaan nadat hy geweier het om 'n bevel te gehoorsaam.
Gaye het sy loopbaan met verskeie orkeste begin, insluitend "The Marquees" met Bo Diddley. Hy het in 1960 by Motown Records platemaatskapy geteken en een van die suksesvolle sangers van die maatskappy geword.
Gaye is op 1 April 1984 in Los Angeles, Kalifornië deur sy pa vermoor, 'n dag voor hy 45 jaar oud was, toe hy ingegryp het in 'n rusie tussen sy ouers.
Diskografie Ateljeealbums 1961: The Soulful Moods of Marvin Gaye 1963: That Stubborn Kinda Fellow 1964: When I'm Alone I Cry 1964: Hello Broadway :1965How Sweet It Is to Be Loved by You 1965: A Tribute to the Great Nat "King" Cole 1966: Moods of Marvin Gaye 1968: I Heard It Through the Grapevine :1969M.P.G. 1970: That's the Way Love Is 1971: What's Going On 1972: Trouble Man 1973: Let's Get It On 1976: I Want You 1978: Here, My Dear 1981: In Our Lifetime 1982: Midnight Love
Samewerking 1964: Together (met Mary Wells) 1966: Take Two (met Kim Weston) 1967: United (met Tammi Terrell) 1968: You're All I Need (met Tammi Terrell) 1969: Easy (met Tammi Terrell) 1973: Diana & Marvin (met Diana Ross)
Verwysings
Eksterne skakels
Marvin Gaye Biografie
Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Sterftes in 1984 Kategorie:Amerikaanse sangers