Jan Bloukaas (gebore Jean Prieur du Plessis; 7 Oktober 1999 - 3 Desember 2024) was 'n Suid-Afrikaanse musikant en kletsrymer. Sy album Lewe word in 2019 vir die Suid-Afrikaanse Musiektoekenning vir beste Afrikaanse popalbum genomineer.
Vroeë lewe en opvoeding Du Plessis is op 7 Oktober 1999 gebore. Sy ouers was Roelof Daniel du Plessis en Ronelle van Wyk.
Hy gaan skool by Laerskool De Tyger en matrikuleer aan die Hoërskool Tygerberg.
Diskografie Ateljeealbums 2018: Lewe 2019: The Party Starter 2023: Vreemdeling 2024: God kan
EP's 2017: Lassit
Enkelspelers 2017: "Kaas elke dag" 2017: "Vakansie" 2018: "Desember" 2018: "Sterre brand" 2019: "Dans"
Persoonlike lewe Breinkanker is in 2022 by Du Plessis gediagnoseer. Hy sterf op 3 Desember 2024 daaraan.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Kletsrymers Kategorie:Geboortes in 1999 Kategorie:Sterftes in 2024 Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Alumni van Hoërskool Tygerberg