duimnael|Nicolae Ceausescu
Nicolae Ceausescu (/tʃaʊˈʃɛskuː/; 26 Januarie 1918 - 25 Desember 1989) was 'n Roemeense kommunistiese politikus en leier. Hy was van 1965 tot 1989 die sekretaris-generaal van die Roemeense Kommunistiese Party en derhalwe die tweede en laaste Kommunistiese leier van Roemenië. Hy was ook die land se staatshoof van 1967 af, president van die staatsraad en van 1974 af ook gelyklopend president van die republiek, tot sy omverwerping en teregstelling in die Roemeense Revolusie in Desember 1989 wat deel gevorm het van 'n reeks anti-Kommunistiese opstande in die Sowjetunie en elders in Oos-Europa in 1989.
Persoonlike Lewe
Familie Nicolae Ceausescu was getroud met Elena Petrescu, hulle het 4 kinders gehad: Valentina Ceaușescu ('n fisikus), Nicu Ceaușescu ('n fisikus en politikus), Dicu Ceaușescu (vroeg dood), en Zoia Ceaușescu (wiskundige).
Troeteldiere In 1978 het destydse Liberale Party (Verenigde Koninkryk) leier David Steel vir Nicolae 'n swart Labrador Retriever gegee. Die hondjie sou bekend word as Kameraad Corbu, en het gou Nicolae se guntelling troeteldier geword. Kameraad Corbu sou rang van kolonel bereik in die Roemeense weermag. Nicolae was uiters bersorg teenoor Corbu, hy het vir hom 'n privaat villa en ingevoerde Britse hondkoekies gereël. In 1989 het Corbu en Șarona, weens verdriet om hulle eienaar se dood geweier om te eet en het kort daarna gesterf.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Roemeense politici Kategorie:Diktators Kategorie:Kommuniste Kategorie:Kriminele Kategorie:Presidente Kategorie:Tereggestelde mense Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 1989