Die Emiraat Dirija (Arabies: إمارة الدرعية) was die eerste Saoediese staat.Sir James Norman Dalrymple Anderson. The Kingdom of Saudi Arabia. Stacey International, 1983. Bl. 77. Dit is in 1744 gestig toe die prediker Mohammad ibn Abdoel-Wahhab en prins Mohammad ibn Saoed ’n bondgenootskap gesluit het om ’n sosiaal-godsdienstige hervormingsbeweging te stig om die baie state op die Arabiese Skiereiland te verenig en van Ottomaanse imperialisme te bevry.

In die loop van die 18de eeu het die Saoedi's die grootste deel van die skiereiland, waaronder die heilige stede Mekka en Medina, onder hulle gesag verenig. In die Ottomaans-Saoediese Oorlog van 1811-1818 is die emiraat deur die Ottomaanse Ryk verslaan.

Die Saoedi's was egter daartoe verbind om ’n tweede Saoediese staat te stig wat tot in 1891 geduur het en later ’n derde staat, Saoedi-Arabië, wat vandag nog bestaan.House of Saud Revivals , King Abdullah Ibn Saud Information Resource Die manier waarop Mohammad ibn Saoed sy regering – wat op Islamitiese beginsels geskoei was – saamgestel het, dien vandag nog as model vir die heersers van die Huis van Saoed.

Sien ook Tweede Saoediese staat Saoedi-Arabië

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Kategorie:Voormalige lande in Afrika Kategorie:Geskiedenis van Saoedi-Arabië Kategorie:Huis van Saoed