Levi Eshkol (1895 - 1969) was 'n Israelse politikus wat aan die linkse Mapai- en Ha'Avoda-partye behoort het.

Hy was vanaf 1952 tot 1963 die minister van Finansies, van 1963 tot 1967 van Verdediging, en van 1963 tot 1969 die derde eerste minister van Israel gewees. Hy is in die amp oorlede as gevolg van 'n hartaanval. Tydens sy premierskap het die Sesdaagse Oorlog in 1967 plaatsgevind.

Eshkol was in die Russiese Ryk gebore, en het in 1914 na die Ottomaanse Palestina geëmigreer. Hy het by die Joodse Legioen aangesluit, wat aan die Britse kant teen die Ottomaanse Ryk geveg het, en was mede-oprigter van die Joodse vakbond Histadrut en die Joodse paramilitêre organisatie Hagana (lid van 1920 tot 1948 gewees). In 1937 het hy die watermaatskappy Mekorot opgerig, wat hy tot 1951 gelei het. Eshkol het onder ander ook bestuursposte by die Hapoel Hatzair-party, die Wêreld Sionistiese Kongres, op die ministerie van Verdeding en by die Joodse Agentskap beklee.

Eksterne skakels

Knesset se webwerf

Kategorie:Israelse hoof- uitvoerende beamptes Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Israelse vakbondleiers Kategorie:Eerste Ministers van Israel Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Oekraïense Jode Kategorie:Mense in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Ministers van Behuising Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Ministers van Landbou Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Geboortes in 1895 Kategorie:Sterftes in 1969