Malediktologie (uit Latynse maledicere, 'om [iets] te sê (dicere) wat sleg (male)' is', plus Griekse logia, 'studie van') (ook soms vloekkunde) is die multi- en interdissiplinêre studieterrein van vloekgedrag (ook soms malediksie genoem) en vloekwoorde en -uitdrukkings (ook soms maledikta genoem) in taal. Die versameling maledikta van 'n taal staan bekend as die malediktikon (oftewel vloekwoordeskat).

Vakgebiede waarin navorsing in malediktologie gedoen word, is primêr taalkunde en sielkunde, met toenemende belangstelling in neurologie en neurofisiologie, rekenaarwetenskap en rekenaarlinguistiek, en psigolinguistiek. Ander vakgebiede wat betrek word, sluit in letterkunde, sosiologie, filosofie, kommunikasiekunde, opvoedkunde en regswetenskap. Die volgende navorsers kan as grondleggers van dié gebied beskou word: Timothy Jay (sielkundige; Engels) Keith Allan (taalkundige; Engels) Reinhold Aman (filoloog; Engels en vele ander tale) Kate Burridge (taalkundige; Engels) Geoffrey Hughes (leksikograaf; Engels) Piet van Sterkenburg (leksikograaf; Nederlands) Tony McEnery (taalkundige; Engels) Ashley Montagu (taalkundige; Engels)

Literatuur Jay, Timothy: Why We Curse. A Neuro-Psycho-Social Theory of Speech. John Benjamins Publishing, 2000, ISBN   1-55619-758-6 Aman, Reinhold: Opus Maledictorum. A Book of Bad Words. Marlowe & Co, 1996, Aman, Reinhold: Bayrisch-Österreichisches Schimpfwörterbuch. Allitera Verlag, 2005, Aman, Reinhold: Maledicta : The International Journal of Verbal Aggression (1977--). Montagu, Ashley: The Anatomy of Swearing. The Macmillan Company, 1967,

Eksterne skakels Artikel van "Berliner Morgenpost" InsultWiki (beledigingsgids vir openbare domeine) Webblad oor vloek en skel in Afrikaans: vloek.co.za

Kategorie:Psigolinguistiek Kategorie:Sielkunde Kategorie:Taalkunde