Steve Hansen (7 Mei 1959) is 'n voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler en -afrigter van die All Blacks, só ook tydens die Rugbywêreldbeker 2015 en die Rugbywêreldbeker 2019.

Afrigtingsloopbaan Hansen het sy afrigtingsloopbaan begin in 1996 met die provinsiale rugbyunie-span Canterbury. In 1999, 2000 en 2001 was hy assistentafrigter vir die Crusaders.

In 2002 word Hansen die negende hoofafrigter van die Walliese nasionale rugbyspan in die afgelope 13 jaar. Só het hy die Walliesers tydens die Rugbywêreldbeker 2003 afgerig.

In 2004 word Hansen die All Blacks se assistentafrigter. Op 15 Desember 2011 word Hansen formeel aangestel as hoofafrigter van die All Blacks.

Rekord per land Teenstander Gespeel Wen Gelykop Verloor Wen verhouding (%) Vir Teen10010.00%10302200100%733150050.00%661781100100.00%581430030.00%609930030.00%5196430175.00%1377530030.00%571511100100.00%403420250.00%907620020.00%27531100100%2720TOTAAL301002033.33%696826

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Rugbyafrigters Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense