Die Tipe 206-klas duikboot is 'n konvensionele diesel-elektriesaangedrewe duikboot van die Duitse Vloot. Dit is een van die kleinste duikbote en vir sy grootte, een van die suksesvolste aanvalsduikbote in die wêreld. Die eerste geslag verplaas net 459 ton water op die oppervlakte. Die eerste tipe 206 is in die vroeë 1970's in diens gestel nadat sewentien eenhede bestel is. Later is nog veertien duikbote afgelewer, hulle het as tipe 206A bekend gestaan. Twaalf van die eerste sewentien eenhede is die vroeë 1990's opgradeer na tipe 206A.
Hierdie klas was ontwikkel om in vlak water te kan werk soos die Baltiese See tydens die Koue oorlog; hulle kan in water van slegs 20 m werk. Hulle rol is teenduikbootoperasies, lê van seemyne en verkenning. Teen die jaar 2000 was veertien eenhede van die duikbote nog in gebruik. Teen 2003 was twaalf nog in gebruik. Interessant genoeg was hulle gebruiksarea uitgebrei na die Atlantiese Oseaan en die Middellandse See.
Vier van die duikbote is in 1998 deur Indonesië gekoop.
Lys van duikbote in die klas WimpelnommerNaamRoepseinKiel neergelêTe water gelaatIn diens gestelUit diens gestelUiteindeS192U13DRDG15 November 196928 September 197119 April 197326 Maart 1997OpgebreekS193U14DRDH1 Maart 19701 Februarie 197219 April 197326 Maart 1997OpgebreekS194U15DRDI1 Junie 197015 Junie 197217 Julie 197414 Desember 2010S195U16DRDJ1 November 197029 Augustus 19729 November 19733 Maart 2011Verkoop aan Colombia vir onderdeleS196U17DRDK1 Oktober 197010 Oktober 197228 November 197314 Desember 2010S197U18DRDL1 April 197131 Oktober 197219 Desember 19733 Maart 2011Verkoop aan Colombia vir onderdeleS198U19DRDM5 Januarie 197115 Desember 19729 November 197323 Augustus 1998Verkoop aan Indonesië as Bramastra, opgebreekS199U20DRDN3 September 197116 Januarie 197324 Mei 197426 September 1996Verkoop aan Indonesië as Aluguro, opgebreekS170U21DRDO15 April 19719 Maart 197316 Augustus 19743 Junie 1998Verkoop aan Indonesië as Cundomani, opgebreekS171U22DRDP18 November 197127 Maart 197326 Julie 197418 Desember 2008opgebreekS172U23DRDQ5 Maart 197225 Mei 19742 Mei 19753 Maart 2011Verkoop aan Colombia as ARC Intrépido UBoote an Kolumbien übergebenS173U24DRDR20 Maart 197226 Junie 197316 Oktober 197431 Maart 2011Verkoop aan Colombia as ARC Indomable S174U25DRDS1 Julie 197123 Mei 197314 Junie 197431 Januarie 2008tans te koopS175U26DRDT14 Julie 197220 November 197313 Maart 19759 November 2005opgebreekS176U27DRDU1 Oktober 197121 Augustus 197316 Oktober 197413 Junie 1996opgebreekS177U28DRDV4 Oktober 197222 Januarie 197418 Desember 197430 Junie 2004opgebreekS178U29DRDW10 Januarie 19725 November 197327 November 197431 Desember 2006opgebreekS179U30DRDX5 Desember 19724 April 197413 Maart 197531 Januarie 2007opgebreek
Notas: U21 het 'n interessante geskiedenis nadat dit uit diens gestel is: eerstens sou dit verkoop word aan Indonesië as Cundamanik. Hierdie plan het misluk en U21 sou opgebreek word in Itzehoe, maar Howaldtswerke-Deutsche Werft het dit geteiken vir 'n maatskappymuseum in Kiel. Hierdie museum het egter nie tot stand gekom nie en U21 is aan die stad Eckernförde geskenk en soontoe gesleep. Vir 'n kort tydperk was dit bedryf as toeriste-tegnologiemuseum maar as gevolg van plaaslike politiek is dit uiteindelik opgebreek. U13, U14, U19 en U20 sou ook verkoop word aan Indonesië as Nagarongsang, Nagabanda, Bramastra en Alugoro. Gedurende Februarie/Maart 2010 is U26, U28 en U30 deur die Poolse sleepboot Ikar gesleep na 's-Gravendeel, Nederland om opgebreek te word.Weekblad Schuttevaer van 20 Maart 2010 U17 and U26 het New York besoek tydens die Vlootweek in 1992.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Tipe 206A-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 442 metrieke ton Verplasing (onderwater) 490 metrieke ton Lengte 48,6 m Breedte 4,6 m Aandrywing 2 x MTU 16V 396 diesel generatorsPermasyn elektriese motor, 600 - 900V battery; 3 164 kW Spoed (oppervlak) 10,0 knope Spoed (onderwater) 17,0 knope Bemanning 22 persone Wapens 8 x 533 mm torpedobuise12 x AEG Seeschlenge Tipe 206 torpedo's
Galery
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Verwysings
Kategorie:Duikbote