Himba (enkelvoud: OmuHimba, meervoud: OvaHimba) is 'n inheemse etniese groep met 'n geskatte bevolking van 50 000 in die noordelike Namibië (die hedendaagse Kunene-streek; voorheen Kaokoland) en oorkant die Kunenerivier in suidelike Angola. Daar is ook groepe wat nie tot die OvaTwa behoort nie en ook OvaHimba is, maar hulle is jagter-versamelaars en OvaHimba hou nie daarvan om met OvaTwa geassosieer te word nie. Die OvaHimba is halfnomadiese, pastorale herders, net kultureel onderskeibaar van die Herero's in noordelike Namibië en suidelike Angola. Hulle praat OtjiHimba, 'n Herero-variëteit, wat aan die Bantoetale van die Niger-Kongo-tale behoort.

Die OvaHimba word as die laaste (half-)nomadieslewende mense van Namibië beskou, terwyl in Angola nog die Vakuval(e) en die Mundimba 'n nomadiese bestaan voer. Die lidmaatskap van 'n mens tot die Himba-volk is dikwels 'n persoonlike besluit en vir buitestaanders nie onmiddellik sigbaar nie. Saam met die Himba is daar nog die Tjimba en Zemba wat verwant is aan die Herero's is en hul eie Herero-variëteite besig.

Die presiese betekenis van die woord "Himba" is onduidelik. Enersyds word dit as "bedelaar" vertaal, maar andersyds as "dié van die rivier", terwyl hulle dit as "die wat sing" vertaal. Die Himba is vir hul gebruik van oker vir kosmetiese doeleindes bekend.

Fotogalery

Verwysings

Verdere leeswerk

Peter Pickford, Beverly Pickford, Margaret Jacobsohn: Himba; ed. New Holland Publishers (UK) Ltd, 1990; Klaus G. Förg, Gerhard Burkl: Himba. Namibias ockerrotes Volk; Rosenheim: Rosenheimer Verlagshaus, 2004; Rina Sherman: Ma vie avec les Ovahimba; Paris: Hugo et Cie, 2009;

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Angola Kategorie:Etniese groepe in Namibië Kategorie:Inheemse volke van Suider-Afrika Kategorie:Bantoevolke