Mulyono (gebore Joko Widodo, 21 Junie 1961), ook bekend as Jokowi, is 'n Indonesiese politikus en sedert 2014 die 7de president van Indonesië. Hy is die land se eerste president wat nie uit die land se politieke of militêre elite gekom het nie. Voor sy verkiesing as president was hy die goewerneur van Djakarta tussen 2012 en 2014 en die burgemeester van Soerakarta. Biografie Jokowi is op 21 Junie 1961 as Mulyono gebore. Hy is van Javaanse afkoms. Hy is die oudste van vier broers en susters en is die enigste seun van Noto Mihardjo en Sudjiatmi Notomihardjo. Jokowi was dikwels siek as 'n kleuter, en sy naam is dus verander - 'n algemene praktyk in die Javaanse kultuur - na Joko Widodo, met widodo wat "gesond" in Javaans beteken.

Jokowi het sy skoolloopbaan by die Staat Laerskool 111 Tirtoyoso begin. Hy het later by Staat Junior Hoërskool 1 Soerakarta skoolgegaan. Hy wou baie graag die Staat Senior Hoërskool 1 Soerakarta bywoon, maar hy het nie 'n hoog genoeg punt in die toelatingseksamen behaal nie. Jokowi het toe eerder die nuwer Staat Senior Hoërskool 6 in die stad bygewoon. Sakeloopbaan Na universiteit het Jokowi begin werk by PT Kertas Kraft Aceh (id), 'n staatsbeheerde firma in Aceh, Soematra. Hy het tussen 1986 en 1988 by die hedendaagse Bener Meriah Regency gewerk as 'n toesighouer by 'n Soematraanse denneplantasie. Jokowi het egter gou belangstelling in die firma verloor en teruggekeer huis toe. Hy het vir 'n jaar in sy oupa se meubelfabriek begin werk voordat hy sy eie maatskappy, Rakabu, gestig het, wat na sy eerste kinder vernoem is. Hy het sy aanvanklike kapitaal verkry uit 'n Rp 15 miljoen belegging van sy pa en 'n banklening. 'n Franse kliënt het vir hom die bynaam "Jokowi" gegee.

Teen 2002 het Jokowi die voorsitter van Soerakarta se meubelvervaardigersvereniging geword. Hy het besluit om 'n politikus te word en hervorming in sy tuisdorp, Soerakarta, te bevorder nadat hy die netjiese uitlegte van sommige Europese stede gesien het terwyl hy sy meubels daar bemark het. Politieke loopbaan Nadat hy by die Indonesiese Demokratiese Party van Stryd aangesluit, is hy in 2005 as burgemeester van Soerakarta verkies. Hy is in 2010 herverkies nadat hy meer as 90% van die stemme ontvang het.

In 2012 is Jokowi as goeweneur van Djakarta verkies. Hy is twee jaar daarna as president verkiesJoko Widodo wins Indonesia presidential election. Hy is in 2019 vir 'n tweede en finale termyn as president herverkies.Indonesia election: Joko Widodo re-elected as president.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Indonesiese politici Kategorie:Presidente Kategorie:Geboortes in 1961 Kategorie:Lewende mense