Americana 280px Kaart Wapen 90px 160px|senter Vlag 90px Land 20px Brasilië Deelstaat 20px São Paulo Koördinate Stigting 27 Augustus 1875 Oppervlakte: - Totaal 134 vk km Hoogte bo seevlak 545 m Bevolking: - Totaal (2017) 233 868 - Metropolitaanse gebied 1 500 000 - Bevolkingsdigtheid 1 521,2/vk km Tydsone UTC -2 - Somertyd UTC -3 Burgemeester Omar Najar (MDB) Amptelike Webwerf prefeitura.sp.gov.br
Americana is 'n stad in die binneland van die Brasiliaanse deelstaat São Paulo met 'n oppervlakte van 134 vierkante kilometer en 233 868 inwoners (2017). Die stad lê in die metropolitaanse gebied van Campinas (Portugees: Região Metropolitana de Campinas), sowat 40 kilometer van Campinas en 140 kilometer van São Paulo af.
Americana het sy naam aan vlugtelinge van die Amerikaanse Burgeroorlog te danke wat hulle in 1866 in die gebied gevestig het. Een van die bekendste immigrante was William H. Morris, 'n senator van Alabama. Die nedersetting het ná die voltooiing van 'n spoorwegverbinding in 1875 en die oprigting van 'n katoenfabriek 'n ekonomiese opswaai beleef.
Omtrent 1904 het die dorp die naam Vila dos Americanos ("Dorp van die Amerikaners") en in 1924 stadstatus gekry. Tans vorm ligte nywerhede en voedselverwerking die ekonomiese basis van Americana.
Die belangrikste besienswaardighede is die "Opvoedkundig-Geskiedkundige Museum Dr. João da Silva Carrão", wat die slawerny en katoenverbouing behandel, en die Museum vir Eietydse Kuns.
Eksterne skakels Amptelike webtuistes
Amptelike webwerf van Americana Geskiedenis
Alabama Pioneers: The City of Americana in Brazil was founded by many Southerners from the United States Tydskrifartikels
Der Spiegel, 2 September 2020: Ausgewanderte US-Südstaatler in Brasilien – "Ich bin ein Monarch auf meiner Insel" Business Insider, 7 Mei 2017: The American Confederacy is still alive in a small Brazilian city called Americana
Kategorie:Nedersettings in Brasilië Kategorie:São Paulo