Derek Keir (gebore 1979 Johannesburg, Suid-Afrika) was sedert 2015 'n medeprofessor van geofisika aan die Universiteit van Southampton. In 2013 het hy die 'Bullerwell Lecture'-toekenning ontvang van die Britse Geofisiesevereniging vir beduidende bydraes tot geofisika.
Opvoeding en loopbaan Gedurende 1998-2002 het hy geologie en geofisika aan Imperial College, Londen studeer en 'n MS (eerste klas) behaal. Sy doktersgraad in Tektoniek en Seismologie is aan Royal Holloway University van Londen behaal tussen 2002-2006. Hy het ook tydens hierdie tyd 'n Onderriggenootskap in Geologie aan Royal Holloway behou. Sy proefskrif was oor die aardbewing aktiwiteit van die Oos-Afrika rif.
In 2007 het hy begin werk as 'n navorsingsgenoot van die Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad en as 'n Onderriggenoot in Geologie aan die Universiteit van Leeds.
Keir is in 2011 as lektor in aardwetenskap aan die Universiteit van Southampton aangestel en in 2015 as medeprofessor in geofisika. duimnael|Kaart van die Afar Driehoek Sy belangrikste bydrae tot die wetenskap was om te bepaal hoe kontinente op breek deur die aardbewing en vulkaniese aktiwiteit van die Afar Driehoek in Ethiopië te ontleed. Hy het talle vulkane ondersoek in Ethiopië en Eritrea, insluitend Corbetti, Mount Ayalu, Dabbahu vulkaan in Adwa, Dallol vulkaan, en Nabro vulkaan. Hy het van sy navorsing gedoen in samewerking met Kathryn Whaler en Ian Bastow.
Toekennings 2013 'Bullerwell Lecture'-toekenning - Britse Geofisiesevereniging 2011 Jason Morgan Vroeë-Loopbaan-toekenning - Amerikaanse Geofisieseunie 2007 Die President se toekenning - The Geological Society of London
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse geoloë Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geofisici