duimnael|Gebuite Duitse tenk in die Eerste Wêreldoorlog. Die krygskunde of die militêre wetenskap is die studie van militêre prosesse, instellings en gedrag, saam met die studie van oorlogvoering, en die teorie en toepassing van georganiseerde dwangmag.Jordan, 2013. bl. 880. Dit fokus hoofsaaklik op die teorie, metode en praktyk van die ontwikking van 'n militêre vermoë op 'n wyse wat in ooreenstemming is met die nasionale verdedigingsbeleid. Militêre wetenskap dien om die strategiese, politieke, ekonomiese, sielkundige, sosiale, operasionele, tegnologiese en taktiese elemente wat nodig is om relatiewe voordeel van militêre mag te handhaaf, te identifiseer; en om die waarskynlikheid en gunstige uitkomste van oorwinning in vrede of tydens 'n oorlog te verhoog. Militêre wetenskaplikes sluit in teoretici, navorsers, eksperimentele wetenskaplikes, toegepaste wetenskaplikes, ontwerpers, ingenieurs, toetstegnici en ander militêre personeel.
Militêre personeel kry wapens, toerusting en opleiding om spesifieke strategiese doelwitte te bereik. Militêre wetenskap word ook gebruik om die vyandskapasiteit as deel van tegniese intelligensie uit te vind.
In die militêre geskiedenis is die militêre wetenskap gedurende die tydperk van Industriële Revolusie as algemene term gebruik om te verwys na alle aangeleenthede van militêre teorie en tegnologie-toepassing as 'n enkele akademiese dissipline, insluitende die ontplooiing en indiensneming van troepe in vredestyd of in konflik.
In militêre opleiding is die militêre wetenskap dikwels die naam van die departement in die onderwysinrigting wat offisiers kandidaatopleiding administreer. Hierdie opleiding fokus egter gewoonlik op die amptelike leierskapopleiding en basiese inligting oor die aanwending van militêre teorieë, konsepte, metodes en stelsels. Afgestudeerdes is nie militêre wetenskaplikes na voltooiing van studies nie, maar eerder junior militêre offisiere.
Geskiedenis links|duimnael|Kaptein Carey se berede troepe bestorm die vyand op 14 Oktober 1851 tydens die Agtste Grensoorlog. Selfs tot die Tweede Wêreldoorlog is die militêre wetenskap beskou as 'n akademiese dissipline soos fisika, filosofie en die mediese wetenskap. In deel was dit te wyte aan die algemene mistiek wat opvoeding vergesel het in 'n wêreld waar 75% van die Europese bevolking so laat as die 1880's ongeletterd was. Tot en met die vroeë 19de eeu het een waarnemer, 'n Britse veteraan van die Napoleontiese Oorloë, majoor John Mitchell gedink dat daar niks verander het van die toepassing van mag op 'n slagveld sedert die Antieke Grieke nie. Hy het voorgestel dat dit hoofsaaklik so was omdat Carl von Clausewitz voorgestel het: "In teenstelling met enige ander wetenskap of kuns, reageer die voorwerp in oorlog".Gat, bl. 12
Tot en met hierdie tyd, en selfs na die Frans-Pruisiese Oorlog, was die militêre wetenskap steeds verdeel tussen die formele denke van offisiere wat opgelei is in die "skaduwee" van Napoleontiese Oorloë en jonger offisiere soos Ardant du Picq, wat geneig was om vegprestasie te beskou as gewortel in die individu en groepsielkundeGat, bl.29 en het 'n gedetailleerde analise van dit voorgestel het. Dit was 'n voorloper van die uiteindelike fassinasie van die militêre organisasies met die toepassing van kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing op hul teorieë van veg; die poging om militêre denke as filosofiese konsepte te omskep in konkrete metodes van die gevegkuns. Militêre voorrade, die voorsiening aan 'n weermag, sy organisasie, taktiek en dissipline het deur al die tye, die elemente van die militêre wetenskap gevorm, maar verbetering in wapentuig en bybehore blyk om al die elemente te lei en te beheer.Lodge, bl.194
'n Mate van deurbraak is deur Clausewitz gemaak, met sy aanbeveling van agt beginsels waarop sulke metodes gebaseer kan word, in Europa vir die eerste keer die geleentheid gebied het om die element van toeval en foute van die besluitnemingsproses in groot mate te verwyder.Dupuy, bl.12 Op daardie stadium is klem gelê op die topografie (insluitend trigonometrie), militêre kuns (militêre wetenskap), militêre geskiedenis, organisasie van die weermag in die veld, artillerie en wetenskap van projektiele, veldvestings en permanente fortifikasies, militêre wetgewing, militêre administrasie en maneuvers.Barnard, bl.248
Die militêre wetenskap model waarop Duitse gevegsoperasies vir die Eerste Wêreldoorlog geskoei was, bly grootliks onveranderd gebasseer op die Napoleontiese model. Hoewel, daar groot verbeteringe was in vuurkrag sowel as die vermoë om "groot gevegte van uitwissing" te voer deur middel van vinnige konsentrasie van mag, strategiese mobiliteit en die handhawing van die strategiese offensief,Gat, bl. 113 het dit in besonder wat beter bekend geword het as die "kultus van die offensief" bevorder. Die sleutel tot hierdie en ander denkwyses oor oorlog het die ontleding van militêre geskiedenis gebly en poogings om tasbare lesse te bekom wat weer met gelyke sukses op 'n ander slagveld as 'n soort bloedige laboratorium van militêre wetenskap herhaal kan word. Min was bloediger as die slagvelde van die Westelike Front tussen 1914 en 1918. Fasinerend was die man wat Clausewitz waarskynlik beter as die meeste verstaan het, Maarskalk Ferdinand Foch wie aanvanklik sou deelneem aan gebeure wat die Franse weermag amper vernietig het.Dupuy, bl. 15
Dit is egter nie waar om te sê dat militêre teoretici en bevelvoerders aan 'n kollektiewe geval van domheid ly nie. Die teenoorgestelde is waar. Hul ontleding van militêre geskiedenis het hulle oortuig dat beslissende en aggressiewe strategiese offensief die enigste oorwinningsleer was. Hulle het gevrees dat die oorbeklemtoning van vuurkrag en die gevolglike afhanklikheid van verskansing dit alles onmoontlik sou maak het en tot slagveld stagnasie sou lei. Die voordele van die defensiewe posisie, sou tot die vernietiging van troepe se moraal en gewilligheid om te veg aanleiding gee. Omdat slegs die offensief oorwinning kon bewerkstellig, kon gebrek daaraan en nie die vuurkrag die skuld vir die nederlaag van die Imperiale Russiese Leër in die Russies-Japannese Oorlog gegee word. Foch het gedink datː "In strategie sowel as in taktiek, moet mens aanval".Gat, bl.138-139
Op baie maniere is die militêre wetenskap geskep as gevolg van die ervarings van die Eerste Wêreldoorlog. "Militêre instrumente" het die leërs totaal verander met die kavallerie wat byvoorbeeld in die volgende 20 jaar feitlik heeltemal verdwyn het. Die "voorsiening van 'n weermag" sou 'n logistieke wetenskap word in die nasleep van massiewe leërs, operasies en troepe wat ammunisie vinniger kan vuur as wat dit vervaardig kan word. Vir die eerste keer word gebruik gemaak van voertuie wat die binnebrandenjin gebruik, 'n waterskeiding verandering.Thompson, bl.50 Militêre "organisasie" sal nie meer wees van die lineêre oorlogvoering nie, maar aanvalspanne en bataljonne wat meer vaardig was met die bekendstelling van masjiengeweer en mortier. Hulle het vir die eerste keer militêre bevelvoerders gedwing om te dink, nie net in terme van rang en onderdane nie maar oor magstrukture.
Taktiek het ook verander, met die infanterie wat vir die eerste keer geskei is van die kavallerie, en moes hulle saamwerk met tenks, vliegtuie en nuwe artillerie-taktieke. Persepsie van militêre dissipline het ook verander. Moraal, ten spyte van streng dissiplinêre houdings, het gedurende die oorlog in alle leërs getaan, maar die beste presteerende troepe is gevind waar die klem op dissipline vervang is met die vertoon van persoonlike inisiatief en groepsaamehorigheid soos wat in die Australiese Korps getoon is tydens die Honderd Dae Offensief. Die militêre wetenskap se analise van militêre geskiedenis wat vir die Europese bevelvoeders misluk het, was op die punt om die weg te baan vir 'n nuwe militêre wetenskap, minder opvallend in voorkoms, maar meer in lyn met die wetenskaplike prosesse van toetsing en eksperimentering, die wetenskaplike metode en vir ewig "getroud" met die idee van die meerderwaardigheid van tegnologie op die slagveld.
Tans het militêre wetenskap steeds verskillende betekenisse vir verskillende organisasies. In die Verenigde Koninkryk en baie van die Europese Unie is die benadering om dit nou te verbind met die burgerlike toepassing en begrip. Die Defence Scientific Advisory Council sien dit op die gebied van wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en analise (SETA) wat omvattende strategiese kwessies, prioriteite en beleide bevat wat verband hou met die ontwikkeling van militêre vermoëns. In Europa, byvoorbeeld die Koninklike Militêre Akademie van België, bly die militêre wetenskap 'n akademiese dissipline en word dit langs die sosiale wetenskappe bestudeer, insluitende onderwerpe soos die humanitêre reg. Die Verenigde State se departement van verdediging definieer die militêre wetenskap in terme van spesifieke stelsels en operasionele vereistes, en sluit onder andere gebiede van burgerlike beskerming en magstruktuur in.
Gebruik van militêre vaardighede In die eerste plek is die militêre wetenskap gemoeid met wie aan militêre operasies sal deelneem en watter vaardighede en kennis hulle sal benodig om dit effektief en vindingryk te doen.
Militêre organisasie Die ontwikkeling van optimale metodes vir die administrasie en organisasie van militêre eenhede, sowel as die militêre mag as geheel, is van belang. Daarbenewens bestudeer hierdie gebied ander geassosieerde aspekte soos mobilisering/demobilisasie en militêre regering vir gebiede wat onlangs van vyandige beheer oorwin is (of bevry is).
Magstruktureering Magstruktureering is die metode waardeur personeel en die wapens en toerusting wat hulle gebruik, georganiseer en opgelei word vir militêre operasies, insluitend gevegte. Die ontwikkeling van magstruktuur in enige land is gebaseer op strategiese, operasionele en taktiese behoeftes soos omskryf in die nasionale verdedigingsbeleid, die geïdentifiseerde bedreigings vir die land en die tegnologiese vermoëns van die bedreigings en die gewapende magte.
Magstruktuurontwikkeling word gelei deur leerstellige oorwegings van strategiese, operasionele en taktiese ontplooiing en indiensneming van formasies en eenhede na gebiede en sones waar van hulle verwag word om hul opdragte en take uit te voer. Magstrukturering is van toepassing op alle gewapende magte, maar nie aan hul ondersteunende organisasies soos dié wat vir verdedigingsnavorsingsaktiwiteite gebruik word nie.
In die Verenigde State se magstruktuur word voorgeskryf deur die lys van organisasie en toerusting (TOE of TO & E). Die TOE is 'n dokument wat deur die Amerikaanse Departement van Verdediging gepubliseer word, wat die organisasie, bemanning en toerusting van eenhede van divisiegrootte en af voorskryf, maar ook die hoofkwartier van korpse en leërs insluit.
Magstrukture gee ook inligting oor die missie en vermoëns van spesifieke eenhede, sowel as die eenheid se huidige status in terme van postuur en gereedheid. 'n Algemene TOE is van toepassing op 'n tipe eenheid (byvoorbeeld infanterie) eerder as 'n spesifieke eenheid (die 3de Infanterie Divisie). Op hierdie manier volg alle eenhede van dieselfde tak (soos infanterie) dieselfde strukturele riglyne wat vir meer doeltreffende finansiering, opleiding en indiensneming van soortgelyke eenhede operasioneel moontlik maak.
Militêre studie en opleiding Militêre studie en opleiding sluit in die bestudeering van die metodologie en praktyke wat betrokke is by die opleiding van soldate, onderoffisiere,(dws sersante en korporale) en offisiere. Dit sluit ook in om klein en groot eenhede op te lei, beide individueel en in samewerking met mekaar vir die staande mag asook die reserwe magte. Militêre opleiding, veral vir offisiere, het ook betrekking op algemene opleiding en politieke indoktrinasie van die gewapende magte.
Militêre konsepte en metodes