ParkstasieTreinstasie 250px

Adres

Rissikstraat, Johannesburg

Opgerig

1897 duimnael|links|260px|Spoorlyne buite Parkstasie geleë. Johannesburg Parkstasie is die sentrale treinstasie in Johannesburg, Suid-Afrika, en die grootste spoorwegstasie in Afrika. Dit is geleë tussen Johannesburg se Sentrale Sakegebied en Braamfontein, in die blok begrens deur Rissik-, Wolmarans-, Wanderers- en Noordstrate. Parkstasie lê op die hooflyn van die Witwatersrand wat oos-wes van Germiston na Randfontein loop. Die eerste vier stasies na die ooste is Doornfontein, Ellispark, Jeppe en George Goch-stasies.

Parkstasie is die middelpunt van die Witwatersrandse Metrorail-netwerk, met daaglikse pendeltreindienste wat wes ry na Carletonville, Randfontein, Krugersdorp en Soweto; oos na Springs, Nigel en Daveyton; noord na Pretoria (via Germiston en Kemptonpark) en suid na Vereeniging. Parkstasie is ook die terminus van Shosholoza Meyl langafstanddienste na Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Oos-Londen, Bloemfontein via Kimberley, Komatipoort via Nelspruit en Musina via Polokwane.

Die suidelike terminus van die Gautrain-hoëspoedtrein is ondergronds geleë, in 'n afsonderlike stasie langs die bestaande hoofstasie.

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike Gautrein-webwerf

Kategorie:Gautrein Kategorie:Treinstasies (Suid-Afrika)