duimnael|Spritz in Venesië met Aperol (links) en Campari (regs) Spritz (in Venesiaans ook spriss of spris genoem) is ’n Italiaanse alkoholiese drankie wat as aptytwekker bedien word en veral in die noordooste van die land gewild is. Dit word berei van prosecco, ’n bitter likeur soos Aperol (op basis van suurlemoene), Campari (kruie), Cynar (artisjokke) of Martini en sprankelwater. Dikwels word ’n lemoen- of suurlemoenskil en ysblokkies bygevoeg.
Spritz het in die 19de eeu gedurende die Oostenrykse bewind in Venesië ingang gevind tot Venesiaanse kroeë en het sy etimologiese oorsprong in die Oostenryks-Duitse term Gespritzter wat na wyn of vonkelwyn met sprankelwater verwys.
Die International Bartenders Association (IBA) het die drankie in 2011 amptelik as skemerkelkie gelys onder die naam spritz veneziano.
Verwysings
Eksterne skakels The New York Times, 5 Oktober 2010: The Spritz, a Venetian Staple, Is Welcomed Abroad Media YouTube.com: Liquor.com - Curbside cocktails. Venice, Aperol Spritz Good Housekeeping UK: How to make the perfect Aperol Spritz (met videoresep vir Aperol Spritz trifle)
Kategorie:Alkoholiese drank