is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV) met ’n absolute magnitude van 5,7. Dit is ’n plutino met ’n baanresonansie van 2:3 met Neptunus.

Wentelbaan en rotasie As ’n plutino het ’n 2:3-resonansie met Neptunus. Dit beteken hul wentelperiodes is gelyk aan 3/2. Dit is al 291 keer tydens 19 opposisies waargeneem, met beelde van voor sy ontdekking wat van 1990 dateer.

Die rotasieperiode van is onbekend, maar dit is waarskynlik tussen ses en nege uur.

Fisiese eienskappe Die TNV se grootte word op geraam; dit is gebaseer op metings van sy termiese uitstraling deur die Herschel-ruimtesterrewag. In sigbare lig is dit effens tot baie rooi (na gelang van verskeie waarnemings) en dit het ’n onbeduidende weerkaatsingspektrum.

Die liggaam se naby-infrarooispektrum is plat, met twee duidelike absorpsiebande van waterys by 1,5 en 2 μm. Daar is ’n derde band van onsekere oorsprong naby 2,3 μm. Die spektrumbesonderhede van stem ooreen met dié van 5145 Pholus, ’n sentour. Die liggaam se oppervlak is heterogeen – die hoeveelheid verskillende ys- en nieyskomponente hang af van die waargenome gebied. Van die moontlike oppervlakmateriale is waterys, metanolys en verskeie toliene. Die metanolys word oor die algemeen met die rooier gebiede verbind. Dit lyk of se oppervlak ’n oeroorsprong het.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

055638