Die Kaapse Onafhanklikheids Party (sic, CAPE) is 'n politieke party in Suid-Afrika wat poog om alle grondwetlike en wettige middele te gebruik om onafhanklikheid vir die Wes-Kaap, Noord-Kaap (met die uitsondering van twee distrikte), ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, en een munisipaliteit in die Vrystaat, teweeg te bring. Die gebied sluit alle munisipaliteite in dié provinsies in met 'n Afrikaanssprekende meerderheid. In 2009 het dit 'n ledetal van ongeveer 1000 mense regoor Suid-Afrika gehad, wat teen 2017 tot meer as 10 000 gegroei het.
In 'n publikasie van 'n Bolandse koerant het die regsverteenwoordiger van die Cape Party, advokaat Carlo Viljoen, beweer dat die Cape Party ondersteuners van alle sektore van die Kaaplander-samelewing het en dat die Cape Party slegs in 2018 met meer as 10 000 gegroei het.
Die Cape Party is by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer en was op die provinsiale stembriewe van die Wes-Kaap in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009, toe die party 2552 stemme ontvang het. Die party het weer aan die munisipale verkiesing in 2016 deelgeneem en 4 473 stemme ontvang.
Gedurende November 2017 het die party aan die tussenverkiesing vir die Brackenfell-wyk deelgeneem, waarin dit 18,72% van die stemme ontvang het en die tweede plek, na die Demokratiese Alliansie, ingeneem het.
Gedurende Desember 2018 het die party weer aan die tussenverkiesing vir die Saldanha-wyk deelgeneem, toe dit weer in die tweede plek, ná die Demokratiese Alliansie, en voor die ANC gekom het.http://www.elections.org.za/content/pages/reports/ReportHandler.aspx?lReportID=1&lEEID=767&i=1&columns=1000&WardID=10104005&sReportName=BYELEC_Detailed&sFormat=PDF
Gedurende Februarie 2019 was die party tweede, ná die Demokratiese Alliansie, voor die ANC, in die tussenverkiesing in Seepunt.
Die party het die 2019 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing slegs op provinsiale vlak in die Wes-Kaap betwis.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika Kategorie:Separatisme in Suid-Afrika