Baron Arthur Grumiaux (21 Maart 1921 – 16 Oktober 1986) was 'n Belgiese violis.

Vroeë lewe Grumiaux is op 21 Maart 1921 gebore in die Belgiese dorpie Villers-Perwin, Grumiaux was slegs drie jaar oud toe sy oupa hom begin aanmoedig het om die studie van musiek op te neem. Hy het op 6-jarige ouderdom ingeskryf aan die Konservatorium in Charleroi; terwyl die normale ouderdom vir intrede 11 was. Hy het tot 11-jarige ouderdom die viool en klavier gestudeer, waarna hy gegradueer het en aanbeweeg het na die Koninklike Konservatorium in Brussel om die viool te studeer.

Loopbaan Daar is bespiegel dat hy sy debuut in Brussel op 14-jarige ouderdom gemaak het, of in 1935, alhoewel daar oor die algemeen aanvaar word dat hy sy buiging in 1940 gemaak het. Laasgenoemde opvoering het in België plaasgevind saam met die Brusselse Filharmoniese Orkes, en Grumiaux het Mendelssohn se Concerto gespeel.

As gevolg van die Duitse inval van België het hy eers weer in die openbaar gespeel na die bevryding van Europa in 1945, saam met die ENSA (die Geallieerde militêre vermaaklikheidorganisasie), in sy Londense buiging daardie jaar.

In 1949 is hy aangestel as professor van viool aan die Brusselse Konservatorium, waar hy vantevore studeer het. Sy debuut in die Verenigde State was in Boston in 1951, en die volgende jaar het hy deur die VSA getoer.

In 1973 is hy op grond van sy dienste aan musiek deur die koning van België tot die adelstand verhef, met die titel van baron.

Afsterwe Hy het in 1986 op die ouderdom van 65 in Brussel aan 'n Beroerte beswyk.

Opnames Grumiaux het 'n lang en vrugbare verhouding met die Philips Plate-etiket gehad (meer as 20 jaar). Opnames op die plate-etiket sluit werke deur Händel, Bach, Vivaldi, Michael Haydn, Schubert, Mendelssohn, Bruch, Tsjaikofski, Wieniawski en Johan Svendsen in.

Grumiaux se opname van die Gavotte en rondeaux uit Bach se Partita no. 3 vir solo viool is ingesluit op die Voyager Goue Plaat, wat aan boord van Voyager 1 en Voyager 2 geplaas is toe hulle in 1977 gelanseer is as voorbeeld van kultuur op Aarde.

Sy instrumente Hy het 'n Guarneri (die "Rose", gemaak deur Giuseppe Guarneri in 1744) en 'n Stradivarius, die "General Dupont", wat in 1727 gemaak is, besit.

Vioolkompetisie duimnael|Kenteken van die kompetisie

Die Internasionale Grumiaux-kompetisie vir Jong Violiste word jaarliks gehou en vind plaas by die Koninklike Konservatorium van Brussel in België.

Dit is die eerste keer in 2008 gehou onder die naam Bravo. In 2015 is die kompetisie na Arthur Grumiaux hernoem. Dit staan tans bekend as die Concours International Grumiaux pour Jeunes Violonistes (Internasionale Grumiaux-kompetisie vir Jong Violiste).

Verdere leesstof Arthur Grumiaux on Violin Channel 2018 finalists on Violin Channel 2018 prizes of Grumiaux Competition on Violin Channel Article and video on Canal C Un prestigieux concours international pour jeunes violonistes a lieu à Namur on RTBF website, Sonia Boulanger Grumiaux competition on lavenir.net Artikel in Turkye Grumiaux competition on crescendo-magazine.be

Verwysings

Eksterne skakels The way they played: Arthur Grumiaux , The Strad Bach se Chaconne op film: Arthur Grumiaux , The Strad Competition site, Arthur Grumiaux Viool-kompetisie

Kategorie:Geboortes in 1921 Kategorie:Sterftes in 1986 Kategorie:Belgiese violiste Kategorie:Belgiese musici