VfL Frohnlach is 'n sportklub uit Ebersdorf bei Coburg in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook 'n vlugbalafdeling. Frohnlach is 'n dorpsdeel van Ebersdorf bei Coburg.

Geskiedenis Die klub is in 1919 gestig as SC Arminia Frohnlach. In 1925 is daar met Turnverein Frohnlach saamgesmelt waarna die huidige naam die eerste keer aangeneem is. Die klub is in 1933 deur die Nazi’s ontbind as 'n arbeidersvereniging en eers weer in 1945 herstig as TV Frohnlach. Die klub is egter kort daarna deur die Geallieerdes ontbind en later daardie jaar weer opgerig as Allgemeine Sportvereinigung Frohnlach. In 1948 is die huidige naam weer aangeneem.

Frohnlach het in die laat 1970’s begin opgang maak nadat die nyweraar Willi Schillig as hoofborg en president op die toneel verskyn het. Tussen 1978 en 1980 is die klub drie seisoene in 'n ry gepromoveer en in 1980 is die hoofrondte van die DFB-Pokal gehaal.

Stadion Die klub se tuisveld was oorspronklik bekend as die Sportplatz am Wirtsteich, maar na die oprigting van die hoofpawiljoen in 1980 is die veld herdoop as die Waldstadion am Wirtsteich. Die veld is weer in die 2006/07-seisoen herdoop en staan nou bekend as die Willi Schillig-stadion.

Duitsland se grootste strandsokkertoernooi vind jaarliks op die B-veld plaas.

Onlangse ligaposisionering 1978-79 (V) Landesliga Noord 1ste 1979-80 (IV) Amateurliga Noord 1ste 1980-81 (III) Oberliga Beiere 6de 1981-82 (III) Oberliga Beiere 11de 1982-83 (III) Oberliga Beiere 12de 1983-84 (III) Oberliga Beiere 9de 1984-85 (III) Oberliga Beiere 7de 1985-86 (III) Oberliga Beiere 10de 1986-87 (III) Oberliga Beiere 9de 1987-88 (III) Oberliga Beiere 5de 1988-89 (III) Oberliga Beiere 11de 1989-90 (III) Oberliga Beiere 16de 1990-91 (IV) Landesliga Noord 2de 1991-92 (IV) Landesliga Noord 1ste 1992-93 (III) Oberliga Beiere 15de 1993-94 (V) Landesliga Noord 3de 1994-95 (IV) Oberliga Beiere 4de 1995-96 (IV) Oberliga Beiere 13de 1996-97 (IV) Oberliga Beiere 4de 1997-98 (IV) Oberliga Beiere 8ste 1998-99 (IV) Oberliga Beiere 18de 1999-00 (V) Landesliga Noord 3de 2000-01 (V) Landesliga Noord 3de 2001-02 (V) Landesliga Noord 2de 2002-03 (V) Landesliga Noord 3de 2003-04 (V) Landesliga Noord 1ste 2004-05 (V) Oberliga Beiere 13de 2005-06 (IV) Oberliga Beiere 10de 2006-07 (IV) Oberliga Beiere 16de 2007-08 (V) Landesliga Noord

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Beiere 2006/07-seisoen 1. FC Bad Kötzting - 1.FC Neurenberg II - SpVgg Weiden - 1. SC Feucht - SpVgg Bayreuth - FC Ismaning - FC Memmingen - SSV Jahn Regensburg - SC Fürstenfeldbruck - SV Heimstetten - SpVgg Greuther Fürth II - SpVgg Unterhaching II - TSV Aindling - TSV Großbardorf - VfL Frohnlach - SV Wacker Burghausen II - Würzburger FV - SpVgg Beiere Hof - 1. FC Eintracht Bamberg

Frohnlach