Harry Bernard Cross beter bekend as Ben Cross (16 Desember 1947 - 18 Augustus 2020) was 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Chariots of Fire (1981), First Knight (1995), When Nietzsche Wept (2007), en Star Trek (2009).
Persoonlike lewe Cross is van 1977 tot 1992 met die model Penelope Butler getroud, en aan Michele Moerth, van 1996 tot 2005. Albei hierdie huwelike het in egskeidings geëindig. Hy trou in 2018 met die Bulgaarse kunstenaar Deyana Boneva, en bly tot sy dood getroud.
Cross is in Wene dood na 'n stryd teen kanker op 18 Augustus 2020, op die ouderdom van 72. Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders uit sy eerste huwelik.
Filmografie Rolprente 1981: Chariots of Fire 1985: The Lie 1985: The Assisi Underground 1988: The Jeweller's Shop 1988: The Unholy 1992: Live Wire 1993: Cold Sweat 1993: The Criminal Mind 1994: Honey Sweet Love... 1994: The Ascent 1995: First Knight 1996: El último viaje de Robert Rylands 1997: The Invader 1999: The Venice Project 2002: She Me and Her 2005: The Russian Specialist 2007: When Nietzsche Wept 2007: Finding Rin Tin Tin 2009: Star Trek 2013: A Common Man 2015: Lilly and the Magic Pearl 2018: Reign of Judges: Title of Liberty - Concept Short Sins of the Father Resilient 3D
Televisiereekse 1991: Dark Shadows
Televisierolprente 1982: Coming Out of the Ice 1983: What the Dickens! 1987: Strong Medicine 1988: Steal the Sky 1989: Nightlife 1992: The Diamond Fleece 1993: Les audacieux 1993: Embrasse-moi vite! 1995: Hellfire 1995: The House That Mary Bought 1997: 20,000 Leagues Under the Sea 1998: The Sands of Time 2002: The Making of 'She Me and Her 2003: Red Phone 2 2006: S.S. Doomtrooper
Video's 2005: Wings on Their Heels: The Making of 'Chariots of Fire''' 2006: Undisputed 2: Last Man Standing 2006: Making of 'The Mechanik 2007: Species: The Awakening 2008: Finding Rin Tin Tin: New Tricks for an Old Dog 2017: Sins of the Father with Ben Cross''
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Sterftes in 2020