Volver (Spaanse uitspraak : [bolˈβeɾ], wat "om terug te gaan" beteken) is 'n 2006 Spaanse dramarolprent, wat geskryf en gemaak was deur Pedro Almodóvar. Met die aktrise Penélope Cruz in die hoofrol, speel ook Carmen Maura, Lola Dueñas, Blanca Portillo, Yohana Cobo, en Chus Lampreave daarin.
Die rolprent handel oor 'n eksentriese vrouegesin van 'n windverwaaide streek suid van Madrid. Cruz speel Raimunda, 'n werkersklas vrou wat gedwing word om deur vele beproewinge te gaan ten einde haar 14-jarige dogter Paula, te beskerm. Om dit alles te kroon, verskyn haar moeder Irene uit die dood ten einde die vele los drade op te raap.
Die narratief kom van Almodóvar se vroeëre rolprent The Flower of My Secret (1995), waar dit as 'n roman dien wat verwerp word vir publikasie, maar gesteel word om die draaiboek te vorm van 'n rolprent genaamd The Freezer.
Die rolprent verkry sy inspirasie van die Italiaanse neorealisme van die laat 1940's tot vroeë 1950's, asook die werk van sulke pioniers soos Federico Fellini, Luchino Visconti, en Pier Paolo Pasolini.
Volver spreek temas soos seksuele misbruik en eensaamheid en dood aan; en meng die genres van die klugspel, tragedie, melodrama en magiese realisme. Dit speel af in die La Mancha streek van Spanje; te wete Almodovar se geboorteplek. Die rolprentmaker het sy opbrengs genoem as 'n wesenlike invloed op verskeie aspekte van die narratief en die karakters.
Volver het sy eerste opvoering gehad tydens die 2006 Cannes Rolprentfees, waar dit gekompeteer het vir die Palme d'Or. Dit het kritiese lof ontvang en het uiteindelik twee toekennings by die Fees ontvang, een vir Beste Aktrise (gedeel deur die ses hoof aktrises) en Beste Draaiboek."Festival de Cannes: Volver". festival-cannes.com. Opgespoor op 2009-12-13. Die film se Spaanse premiere was gehou op 10 Maart 2006 in Puertollano, Spanje waar die verfilming plaasgevind het. Cruz was genomineer vir die 2006 Oscar vir Beste Aktrise, wat haar die eerste Spaanse vrou gemaak het om ooit genomineer te word in daardie kategorie.Schwartz, Missy (3 November 2006). "Penelope Cruz's return to greatness". Entertainment Weekly. New York City: Meredith Corporation. Opgespoor op 14 Januarie 2018.
Verwysings
Kategorie:Dramarolprente