duimnael|upright|'n Pornografiese akteur kry aanwysings by die regisseur van 'n pornofliek wat in 2004 in München, Duitsland, verfilm is. Pornografie, wat soms verkort word tot porn of porno, is in sy breedste omskrywing die eksplisiete voorstelling van die menslike liggaam of seks met die doel om die kyker seksueel te stimuleer of prikkel.

Dit is soortgelyk aan erotika, wat kuns van 'n erotiese aard is, maar waarvan die hoofdoel nie is om te stimuleer nie, maar eerder die kuns op sigself. Die laaste paar dekades sedert veral die dekade ná 1970, het 'n reusebedryf rondom pornografie ontstaan weens die verskyning van eers video- en toe DVD-tegnologie en dan die internet wat pornografie binne maklike bereik van enigeen met die nodige toerusting geplaas het. 'n Ander faktor wat tot die oplewing in die vervaardiging en verspreiding van pornografie gelei het, is 'n meer verdraagsame houding van die samelewing en die gepaardgaande verslapping in wetgewing oor die verspreiding en besit daarvan.

Soos erotika, kan pornografie in verskeie vorme voorkom. Dit sluit onder meer tydskrifte, foto's, beeldhouwerk, animasie, skilderye, klankopnames, rolprente, video's en DVD's in. Wanneer seksdade egter voor 'n gehoor opgevoer word, is dit nie pornografie nie, want die term verwys juis na die uitbeelding van seks en nie seks self nie.

Besware duimnael|400px|Wetlike situasie in die wêreld: Ondanks die omvang van die pornografiebedryf wêreldwyd, word daar ook besware daarteen gemaak. Feministe kla dat dit lei tot die objektivering van die vrou, waar vroue gesien word as voorwerpe vir uitbuiting deur mans pleks van mense met gevoelens en ander behoeftes buiten net om mans se seksdrang te bevredig. Godsdiensgroepe maak beswaar teen die uitbeelding van geslagsomgang buite die verband van die huwelik. Uit 'n sielkundige oogpunt word daarop gewys dat dit die gebruikers van pornografie leer dat seks iets is wat jy na willekeur kan aan- en afskakel, sonder om emosioneel betrokke te raak en sonder om iets van jouself te gee. Daar word ook beweer pornografie kan tot onrealistiese verwagtinge lei en mense minderwaardig laat voel wanneer hulle nie aan die standaarde van die pornografie-akteurs voldoen nie. Dit kan ook na bewering lei tot 'n afname in die gehalte van 'n mens se sekslewe wanneer gebruikers eerder pornografie ter stimulering gebruik as om regte seks te hê.

Voordele Van die voordele, in 'n era van seksueel oordraagbare infeksies soos MIV/vigs, is dat dit "veiliger" is as ware seksuele kontak. Wanneer beskerming egter tydens seks gebruik word, hou selfs dié argument nie steek nie.

Godsdienstige perspektiewe Die heersende siening by Christelike denominasies en ander godsdienstige tradisies is dat die produksie en verbruik van pornografie sondig, skadelik en strydig met geestelike, emosionele en fisiese welstand is. Meeste kerke leer dat pornografie die heiligheid van menslike seksualiteit skend, en voer aan dat burgerlike owerhede die produksie en verspreiding daarvan moet voorkom.Vgl. Kategisme van die Rooms-Katolieke Kerk, CCC 2354 'n Verskuiwing van blote veroordeling na berading, ondersteuning en hulpbronne vir diegene wat met verslawing sukkel, is wel by heelwat kerke opmerklik.

Protestantse tradisies, hetsy Evangelies of Gereformeerd, interpreteer Matteus 5:27-28 as die gelykstelling van wellus met egbreuk, en aldus as 'n direkte verbod op pornografie. Dit word deur baie evangeliese groepe as 'n verslawende gedrag beskou wat benewens huwelike beskadig, die geestelike lewe kortwiek en menslike perspektiewe op ander verdraai. Die minder konsekwente openbare aktivisme van sekere hoofstroom-Protestantse denominasies, teenoor dié van evangeliese groepe, word aan die hand van hul verbintenis tot vryheid van spraak verklaar.

Die Rooms-Katolieke Kerk dui pornografie aan as 'n ernstige oortreding teen kuisheid wat die huweliksdaad verdraai en deelnemers tot voorwerpe van "wêreldlike plesier en wederegtelike profyt" reduseer. Pous Johannes Paulus II het beklemtoon dat pornografie, in teenstelling met kuns, op wellustige en objektiverende begeerte gemik is, eerder as op respekvolle waardering van die menslike liggaam.Pope John Paul II on Pornography, CovenantEyes, 10 April 2015 Die Oosters-Ortodokse Kerk koppel dit insgelyk aan die sonde van wellus, wat as die eweknie van egbreuk beskou word.

Die LDS-Kerk leer dat pornografie "net so skadelik vir die gees is as wat tabak, alkohol en dwelms vir die liggaam is". Lidmate word aangespoor om dit heeltemal te vermy en die produksie en verspreiding daarvan aktief teen te staan. Dit beklemtoon 'n pad na bekering, genesing en geestelike herstel vir diegene wat daarmee sukkel.

Alhoewel dit in Sikhisme nie eksplisiet verbied word nie, word pornografie tog as die bevordering van "kaam" (d.i. wellus) beskou. Wellus is volgens hul siening een van die 'Vyf Diewe', wat ontmoedig word omdat dit hindernisse tussen die individu en God skep. In Boeddhisme word die afstanddoening van sensualiteit beklemtoon om verligting te bereik. Navolgers volg dikwels voorskrifte wat onthouding van seksuele wangedrag vereis. In Hindoeïsme word vier doelwitte van die lewe nagestreef, waarvan een wel "kama" (d.i. sensuele genot) is. Terwyl plesier geoorloof is, word sulke strewes onderhewig aan sorg en omsigtigheid gestel.

Sien ook Geskiedenis van erotiese afbeeldings Pornhub

Verwysings